haloes! :)
“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are
in, into a message…” ~ Peter de Villiers
Jeremia 1:5
“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het
Ek jou geken… Voordat jy gebore is, het Ek jou aan my gewy en jou as profeet
van die nasies aangestel…”
Matteus 14:30-31
“Maar toe Petrus sien hoe sterk die wind was, het
hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! Dadelik het Jesus sy
hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy
begin twyfel?”
What great thing would you attempt if you knew you
could not fail? ~Robert H. Schuller
“Elke oggend bestee ek 15 minute daaraan om my
gedagtes op God te fokus… Dan is daar nie plek vir kommer nie…” ~ Howard
Chandler Christy
Ek het die naweek ‘n forward email met die volgende
aanhaling gekry: “Faith can move mountains… Doubt can create them…” Hierdie
gelykenis waar Jesus die water in wyn verander het, is ‘n ongelooflike verhaal…
Ek dink die bruidspaar moes
seker lekker op hul senuwees gewees het toe die wyn opgeraak het by die troue!
Wat doen mens?! Die gaste verwag ‘n partytjie, lekker kos en drinkgoed, en hier, aan die
begin van die aand is die wyn op! Jesus het daardie aand gedoen wat vir ons as
mens onmoontlik is…
As ek net dink hoe dit normaalweg gaan – en ook uit
wat ek uit ander mense se vertellinge kan aflei – wanneer dinge nie gaan soos
wat ons beplan nie, of soos ons hoop nie, raak ons baie keer paniekerig… Ons
begin bekommerd raak omdat ons nie weet wat om te doen nie of omdat ons nie ‘n
uitweg kan sien nie… Daardie bekommernis kan SO groot raak, dat dit ‘n sneeubal
effek het! Jy kan worry, en worry, tot jy geen energie meer het nie! En al wat die
worry gaan doen, is om jou moeg te maak… Maar wanneer jy “let go” van die
probleem, en BID, laat jy dit aan God oor… En wanneer jy dit aan God oorlaat,
is die onmoontlike moontlik!! Lukas 1:37 sê – Niks is vir God onmoontlik nie…
Ons dien ‘n God wat siekes genees het (en daagliks nog genees!), ons dien ‘n
God wat water in wyn verander het, ‘n God wat ‘n menigte kos gegee het met 2
vissies en 3 broodjies… Pieter de Villiers se aanhaling hierbo is vir jou en my
geskryf vandag… God can turn your mess, into a message… Die keuse is ons s’n…
Of ons gaan aanhou om ons te bekommer oor dit wat ons nie kan doen nie, en of
ons net vir God gaan toelaat om deur ons situasie, ‘n boodskap van hoop te
bring… Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind vandag nie… Al lyk
dinge HOE sleg, God wil jou gebruik om ‘n boodskap van HOOP vir die mense
rondom jou te wees… Hy sal sorg vir die oplossing!! Bly jy net vertrou, en bly
in gebed… Hy sal jou nie in die steek laat nie…
Blessings!
Anel**
No comments:
Post a Comment