Wednesday 13 November 2013

Gebedsversoeke en praise reports


Haloe julle!
Hoop dit gaan goed!
 
Hier is weer ‘n paar gebedsversoeke en praise reports:
 
Anonieme gebedsversoek: ‘n Ou skoolvriend het alles verloor, ek dink ook alle hoop vir die toekoms. Bid asb dat die Liewe Vader hom weer hoop sal gee om aan te gaan, want Hy laat alles ten goede meewerk vir hulle wat Hom liefhet.
 
Anonieme praise report:  Ek kan self getuig dat die Here nog net goed was vir ons. Ek was in 'n baie slegte verhouding voordat ek my man ontmoet het en toe een saterdag bid ek en vra die Here dat ek nie wil he 'n man moet eens my rigting kyk as dit nie die een is wat Hy vir my bedoel het nie-ekt so gehuil tydens my gebed..en wragtig ontmoet ek my man daardie volgende saterdag!! Ons is al vir 5jaar gelukkig getroud. Ons het ook gesukkel om blyplek te kry, ek was so bekommerd oor my diertjies en ons wou nie so baie betaal vir huur nie..en wragies kry ons 'n pragtige huis op 'n plaas en my diere is so ongelooflik gelukkig. Ek het daarna gesukkel om 'n werkie te kry en toe kry ek my DROOM werk op die mooiste plek. My kantoor kyk selfs uit op wingerde. My sussie het erg gesukkel om swanger te raak. 'n Wild vreemde vrou het opgestap na haar en gevra of sy vir my sussie kan bid. Tydens die gebed het sy aan my suster se maag geraak en die Here gevra om hulle te seen met 'n babatjie. My suster het dieselfde maand nog uitgevind sy is swanger. Ek wil he almal moet weet dat God ons NOOIT vergeet nie. Alles gebeur met 'n doel en vertrou in Hom. Hy is GROTER as enige iets aards. Ek bid vir elkeen wat sukkel en weet dat die Here 'n uitkoms vir hulle sal gee. Byt vas en weet dat daar IS 'n God. Liefde
 
Anonymous prayer request:  you could please pray for me to hear what the Lord Jesus want me to do, as I am really trying to understand what his will is for me. I would really love to go and work with orphanage kids, Handy-cap people on a amazing Game farm in Botswana. I know the Lord work in amazing ways and is in control. May the Lord Jesus bless you all for the work you do and all the prayers you as us to pray for others.
 
Praise report:  gebedsversoek vir Francois Jacobs wat in ‘n motorongeluk was (voorheen al gestuur). Alhoewel die familie nogsteeds nie baie inligting deurgegee het nie, het my broer laat weet dat hulle in kennis gestel is dat Francois ‘n week gelede gestuur is vir rehabilitasie. Ons loof God vir die wonderwerk.
 
Anoniem: `n goeie vriend van ons se broer is so bietjie meer as `n week gelede in die Hospitaal opgeneem met Malaria. Dit gaan al baie beter hom, maar hy is nog steeds in die ICU. Kan almal asseblief saam met ons bid vir beterskap en dat die Here sy hand van beskerming oor hom sal hou. Alles is in God se hande. 
 
Blessings!
 
Anel*

No comments: