Tuesday 26 November 2013

gebedsversoeke...

Haloe julle awesome mensies!

Hier is vanoggend weer 'n aantal gebedsversoeke.  Bid asseblief saam dat ons Hemelse Pappa sal deure oopmaak wat geen mens kan toemaak nie...  Dat HY genesing sal bring, en dat ons Hom sal kan verheerlik wanneer die wonderwerke kom!

Anonieme gebedsversoek:  Ek lei al vir jare aan "hypochondria" - vrees vir siektes. Ek raak vreeslik bang as ek enige snaakse simptoom het en dink altyd dis n erg siekte. As gevolg hiervan is ek baie angstig en dit is besig om my lewe oor te neem. Ek is heeltyd bang en elke tweede dag is dit iets anders. Dit meng in in my huwelik en my werk en ook my algemene geestelike welstand. Sal julle asb bid dat die Here vir my rustigheid en vrede gee en hierdie vrees uit my lewe neem. Baie dankie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek is tans ‘n boekhouer by ‘n ouditeurs firma maar is opsoek na ‘n ander werk. Iemand in ons kantoor maak vir my die lewe baie onaangenaam en soos jy vandag genoem het ek sit op die kant en deel nie in die lewe nie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek het so paar weke terug ‘n pyn gevoel in my sy regs bo by my ribbekas. As ek daarop druk, het dit gevoel ek gaan uit-”pass” en ek het naar en duiselig gevoel. Dit het weer verdwyn en ek het eers gedink dit is niks.
Vrydag was die pyn terug en nadat ek amper by die werk uitge-”pass” het, het ek besluit om maar dokter toe te gaan. Ek was vanoggend vir ‘n sonar om te kyk of dit dalk te doen het met my galblaas, maar volgens die radioloog lyk dit heel goed. Dit beteken egter dat ons verder gaan moet soek na wat die pyn veroorsaak. Ek wag nog vir my dokter om die uitslae met my te bespreek en vir my te sê wat die volgende stap is.
Ek wil asb vra dat julle vir my sal bid dat dit nie iets ernstig is nie, maar ook teen die duiwel se aanvalle, want ‘n mens is geneig om spoke opjaag en dink die ergste soos maagkanker. Ek voel so bang en magteloos.
Verder het ek baie druk by die werk, want daar is so baie dinge wat moet klaar voor almal op verlof kan gaan en alhoewel ek ‘n baie goeie hospitaalplan het, is hierdie kostes van die toetse vooraf vir my eie sak. Dit alles lei tot ekstra stres en maak my baie emosioneel op die oomblik.
Baie dankie!!!!!
 
blessings vir julle! :)
 
anel*

 

No comments: