Sunday 24 November 2013

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown

Haloes! J

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown
Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

“If the only prayer you said was thank you, that would be enough.” ― Meister Eckhart
 
Ekt so ‘n tyd terug op ‘n donker pad gery…  My pa het agter my aangery, so wanneer ek in my tru-spieel gekyk het, het ek daardie rustige gevoel gehad, omdat ek geweet het hy ry net agter my…  Ons kom toe egter by ‘n verkeerslig, waar ek oor die lig gery het, maar hy gevang was met ‘n rooi lig…  Ek moes toe ‘n gedeelte van die donker pad op my eie aflê…  Kort, kort het ek in my tru-spieel gekyk, en niks behalwe donkerte gewaar nie.  Na seker so 5 kilometer van donkerte, het sy motor weer agter my verskyn, en ons het die res van die pad saam afgele…  Nou is my vraag - wanneer jy fiets ry, of motor bestuur, hardloop of stap – kyk jy heeltyd agter jou, of kyk jy na wat voor jou in die pad lê? Ek is seker dat ten minste 99% van die tyd, kyk jy voor jou! Want as jy heeltyd gaan terugkyk, is die kans goed dat jy in iets gaan vasry of vasloop en daar sal ’n groot kans wees dat jy baie seer sal kry! Die goed waar jy verbyry of verby stap, mense wat jy ontmoet oppad, is alles deel van God se groter plan vir jou lewe… Elke dag, is daar dinge wat gebeur, geselsies wat jy het, situasies wat jy moet hanteer, wat jou vorm en gevorm het tot die mens wat jy is vandag…

Hoekom dan, as ons die bostaande toepas wanneer ons bestuur, fietsry, hardloop of stap, doen ons die teenoorgestelde in ons daaglikse lewe? Ons bly terugkyk, na die dinge wat reeds gebeur het… Dinge wat ons verkeerd gedoen het, waarvoor ons, onsself nie kan vergewe nie… Ons bly tob oor mense wat ons seergemaak het voorheen, en hou dan in die proses AWESOME ander mense uit ons lewe, omdat ons bang is dieselfde gebeur weer… Ons kan nie mense oor dieselfde kam skeer nie… Sommige goed gebeur in mens se lewe, sodat jy daaruit kan leer, en sterker word… Maar God stuur daaglikse blessings oor jou pad… Ons moet dit net raaksien!! Is jou daaglikse geselsie met Jesus ’n stuurwiel, of ’n spaarwiel? Soos wat jy jou beste vriend, of vriendin vertel van dinge wat daagliks in jou lewe gebeur – en so julle vriendskapverhouding bou, so wil Jesus ook daagliks deel wees van jou lewe… Hy het jou oneindig lief… Soos wat my pa, heel pad agter my aangery het huis toe, SO staan God ELKE LIEWE DAG EN NAG, vierkantig agter jou…  Wanneer dit dalk donker raak op jou lewenspad, beteken dit nie dat God jou verlaat het nie – al sien jy Hom nie, of al kry jy dalk nie dadelik antwoorde op jou gebede nie, beteken dit nie dat Hy nie daar is nie…  God antwoord ’n hart wat met verwagting na Hom toe kom… God KEN jou hart – so jy kan kom nes jy is… Wanneer jy op jou knieë staan, is dit moeilik om platgeslaan te word deur die storms van die lewe… Jesus sal jou staande hou – en Hy sal jou lewensboot deur die storm, tot in die veilige hawe deursien… VERTROU… BLY HOOP… HOU AAN OM GELOOF IN GOD TE HE! Moenie ongeduldig raak met Jesus nie - die seen sal net soveel groter wees, wanneer jy wag vir Sy tyd...

Blessings!

Anelli**

 

No comments: