Haloes!
:)
“Don't
lose today by worrying about tomorrow!!!” ― John F Herbert
Psalm
55:22
“Cast your burden on the Lord, and he will sustain
you; he will never permit the righteous to be moved…”
Psalm
56:4-5;9-10
“Die dag
wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou… In God, wie se woord ek
prys, in God is my vertroue; Ek sal nie vrees nie, Wat kan mense aan my
doen? U het my ellendes raakgesien. U het my trane opgevang…
U het dit opgeskryf in U boek. Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande
terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis…”
“May your
troubles always be smaller than your imagination…” ~ Unknown
“Sorrow
looks back, Worry looks around, Faith looks up” ― Ralph Waldo Emerson
Ons raak
soms so vasgevang in probleme of dinge wat oor ons pad kom waarmee ons sukkel,
dat iets wat eintlik ‘n redelike maklike antwoord / uitweg het, later so groot
raak dat jy sukkel om daarmee te cope… Die duiwel is ook listig, en hy
weet wat jou bekommerd maak, en hy buit dit absoluut uit! Moenie
bekommernisse, worry of stress ‘n houvas op jou lewe gee nie! AL hoe jy
dit kan regkry, is om tyd met God te spandeer… Vertel God wat in jou lewe
aangaan, en bid oor ALLES…
Wanneer
ons bid by ons GROOT God, raak die probleme kleiner en hanteerbaar… Veral
hierdie tyd van die jaar kan angs, bekommernis en stress dalk bietjie die
oorhand begin kry… Wanneer ‘n mens moeg is, na ‘n harde jaar se
werk, verloor mens ook partykeer perspektief, en vergeet ons dat God al heel
jaar by ons was… Hy sorg al hierdie hele jaar vir jou! Hy
gaan nie nou ophou nie!!! Moenie dat die duiwel nonsens in jou kop prop
nie… Jy sal jou werk klaarkry voor Kersfees, God sal voorsien in jou
finansies en jou deursien tot volgende jaar, God sal die dinge wat op die
oomblik net nie in plek wil val nie, laat uitwerk… Hy sal sorg vir jou
wat siek is, jy wat vir behandeling moet gaan, jy wat iemand moet bystaan wat
al hierdie genoemde faktore deurmaak… Ek wil weer sê – maak nie saak WAT
jou situasie is nie, God is groter!!
Wanneer
jy daardie angstigheid gevoel oor jou begin kry, en net oorweldig voel, vat 10
minute, haal diep asem, en BID. Sit by God se voete, en vertel Hom van al
die dinge wat jou onderkry… God gaan nie Sy hulp op jou afvorseer nie,
want Hy is ‘n gentleman God… Hy wag vir jou, om na Hom terug te kom, en
te chat… Hy is, was en sal ALTYD vir jou daar wees!!
Blessings!
Anelli*
No comments:
Post a Comment