Tuesday 5 November 2013

gebedsversoeke


Haloe julle!

Hoop dit gaan goed!  Hier is ‘n aantal gebedsversoeke – bid asb saam vir die volgende mense:

Anonieme persoon het gevra:  Kan jy by volgende gebedsversoeke asb vra dat almal sal bid vir Andre Truter.  Andre is 20 jaar oud.  ‘n Briljante student wat aan die einde van verlede jaar gediagnoseer is met osteosarkoom (‘n soort beenkanker). Het chemoterapie ontvang, is geopereer en weer geopereer en het in pyn gelewe.  Dit het regtig begin beter gaan maar hy het verlede week gehoor dat die kanker na sy longe en blaas versprei het.  Bid asb. vir hom.  Niks is vir God onmoontlik nie.

Anonieme persoon het gevra:  Sal jy asb vir my ook bid. Ek het onlanks in n diep depressie geval. Ek is op meds en by n sielkundige. Ek wil net meer hulp van God af he. My lewe kort dit. Bid asb dat my pyn en seer sal weg gaan en dat ek nie hoop verloor nie. Dankie.

Anonieme persoon het gevra:  'N gebedsversoek dat almal sal vir vir n ou skool vriendin, haar man en familie bid wat se baba Emma De Bruyn wat gebore is op 20 Oktober 2013 en gesterf het of 30 Oktober 2013. Sy was net 10 daggies op die aarde en haar begrafnis was Maandag.   Ek wil vra dat ons vir hulle bid dat hul voel hoe God hul hier deur dra met Sy liefde en hulle sal troos. Mens verstaan nie altyd hoekom sulke hartseer goed gebeur nie, maar dit breuk my hart om te weet na tien daggies is Emma dood in haar mamma en pappa se arms en wat haar familie nou deur gaan.

Blessings!

Anel**

No comments: