Tuesday 5 November 2013

“God’s plan and His ways of working out His plan are frequently beyond our ability to fathom and understand. We must learn to trust when we don’t understand.” ― Jerry Bridges


Haloes! J
 
“God’s plan and His ways of working out His plan are frequently beyond our ability to fathom and understand. We must learn to trust when we don’t understand.” ― Jerry Bridges 
 
James 1:5-6
 
“If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…” 
 
2 Chronicles 20:15-16
 
“This is what the Lord says to you: ‘Do not be afraid or discouraged because of this vast army. For the battle is not yours, but God’s. Tomorrow march down against them. Do not be afraid; do not be discouraged. Go out to face them tomorrow, and the Lord will be with you.”
 
“Wie kinderlik op God vertrou, weet  dat die liefde van God nie minder is in ons dae van donkerheid as in ons dae van sonskyn nie...  Daar is dus geen oomblik waarin ons God nie kan en behoort te dank vir Sy teenwoordigheid by ons en die liefde waarmee Hy ons voortdurend dra en omring nie...”  ~ Willie Jonker
 
“Don't be afraid to give up the good for the great…” ~ Kenny Rogers
 
Vertroue is iets waarmee baie mense sukkel...  Kyk ons net na ons land, en die dinge wat daagliks voorblad stories in die koerante maak, is dit verstaanbaar dat mense sukkel om ander te vertrou...   Daar is mense wat trou, met beloftes wat op daardie dag aan mekaar gemaak word, net om ‘n paar jaar later verbreek te word...  Daar is mense wat beloftes breek, en sodoende vriendskappe tot niet maak...  Mense wat jou vertroue in jou vriende en medemens skend...  Daar is mense, in verhoudings, in families en vriendekringe, wat eerder sal uitloop wanneer moeilike situasies of siekte by die voordeur inloop...  Wanneer jy iemand die meeste nodig het, word jy in die steek gelaat, en dit laat jou HARTSEER en seergemaak agter...  Mens begin later glo dat dit ‘n norm is, en skeer dan voortaan almal oor dieselfde kam...
 
Mens mis partykeer uit op spesiale oomblikke, mense, verhoudings, liefde en geleenthede, omdat mens niemand vertrou nie...  ‘n Harde realiteit en waarheid, is dat ons soms nie vir God vertrou met ons lewe nie...  Ons dink ons vertrou Hom, maar tog, hou ons so hard vas aan ons lewe, aan ons probleme – wat ons laat worry, en moeilike situasies waarmee ons gekonfronteer word, dat ons uitmis op dit wat Hy als vir ons lewe beplan en bestem het...  Ons probeer self oplossings vind vir dit wat moeilik is, en dit wat verkeerd loop...  Plaas daarvan dat ons net op ons knieë gaan, en dit vir God gee...
 
As ons, ons verhoudings en vriendskappe by God begin, en ons Hom as basis daarvoor het, kan dit nie anders as om geseënd te wees nie!   Ek het eenkeer ‘n “gedagte” gehoor op CCFM, wat die ou gesê het – “Moenie so bekommerd wees, oor so baie dinge nie...  Jou Hemelse Vader is REEDS besig om vir jou ‘n uitweg te skep, of oplossings te vind...  Al wat van jou verlang word, is dat jy Hom daarvoor sal vertrou...”  Moenie vandag bekommerd aanpak nie...  WEES VERSEKER, jou Pa is hard aan die werk, en Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie...  Hy het jou HOPELOOS te lief...
 
Blessings,
 
anel**
 

No comments: