Wednesday 6 November 2013

gebedsversoeke


More julle awesome mense!
 
Hier is weer ‘n aantal gebedsversoeke:
 
Anonieme persoon:   My vriendin se ma is gisteraand met Kolon kanker gediagnoseer en haar lewe tot stilstand geruk. Ek vra dat julle vir haar en haar familie sal bid!
 
Anonieme persone:  Ons 2 bid en smeek ons Vader vir spesifieke deurbrake in ons lewens. Ons smag na Sy Shalom vrede en ‘n lewe in oorvloed. Ons weet dat ons Vader ons nooit, ooit  alleen sal laat.
 
Anonieme persoon:  Ek is ‘n bestuurder met 16 personeellede waaronder ‘n manlike sangoma.  Ek moet hierdie persoon dissiplineer en sy skofte verander waarvan hy niks wil weet nie en briesend kwaad is.  Ek is intussen vanoggend gewaarsku dat hy my of my naaste se lewe kan sabotage agv my dissiplinere aksie.  Ek vra vir gebede van beskerming en dat geen kwaad of euwel naby my sal kom nie en planne teen my nie volbring kan word nie.  Ek weet ons God is Almagtig, en as ons saam bid, sal dit ‘n ‘muur’ van beskerming om my en my gesin, motor/s en huis plaas.
 
Anonieme persoon:  Verskriklike hoofpyne wat nie wil weggaan nie.  Dokters is besig met toetse, maar kan nie die oorsaak van die hoofpyne kry nie.  Bid asseblief dat God sal sorg vir ‘n deurbraak!
 
Anonieme persoon:  My swaer is in die hospitaal.  Hy het groot probleme met sy ingewande.
Hy was gisteraand in vir ‘n nood operasie waar hulle ‘n stuk van sy “bowls” verwyder het.  Nie seker wat jy dit in Afrikaans noem nie.  Hulle het ‘n sakkie ingesit.  Bid asb dat daar geen verdere infeksie vorm nie en dat die liggaam die sakkie sal aanvaar.  Sy bloeddruk is bietjie laag vanoggend.  Hy het ook tipe 2 diabetes. Hy is baie baie siek, bid ook dat hy die Here sal aanvaar as sy saligmaker en verlosser.
 
My gebed is dat God elkeen van hierdie gebedsversoeke sal verhoor.  Mag jy vandag God se liefde, vrede en rustigheid ervaar, waar jy ookal gaan.  Mag jou dag baie geseend wees!
 
Vers vir jou! 
 
Psalm 119:50
 
My comfort in my suffering is this: Your promise preserves my life.
 
Blessings!
 
Anel*

No comments: