Tuesday 19 November 2013

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller


Haloes! J

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller

Psalm 117:1-2

“Praise the Lord, all you nations.  Praise him, all you people of the earth.  For he loves us with unfailing love; the Lord’s faithfulness endures forever. Praise the Lord!”

Philippians 3:13

“Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: Forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.”

“What God intended for you goes far beyond anything you can imagine…” - Oprah

“Courage is fear that has said its prayers and decided to go forward anyway.” ― Joyce Meyer

Wanneer jy ‘n slegte dag het kan die tyd partykeer BITTER stadig verby gaan…  Die lekker ding om te weet in so ‘n geval, is dat jy net moet uithou tot aan die einde van die werk- of skooldag, totdat jy kan huis toe gaan…  Die dag kan nie langer as 24uur aanhou nie…  Netso met ‘n “scary” fliek wat jy kyk, slegte funksies wat jy moet bywoon, onderhoude wat jy moet deurmaak, dokters of tandarts-afsprake waarvoor jy vrees – jy weet die uur gaan aanbreek, en jy sal dit moet verduur vir die lengte daarvan, maar jy weet ook (of dit nou van vorige ervaring of logiese denke is), dit sal NIE vir ewig aanhou nie!

Dieselfde is waar vir slegte “tydperke” waar uitdagings, moeilikheid, pyn, hartseer of groot uitdagings aan die orde van die dag is…  Dit hou partykeer vir ‘n baie lang tyd aan, en wanneer jy IN die situasie is, kan dit partykeer voel asof dit NOOIT as te nimmer gaan ophou nie…  Maar soos alle goeie goed in die lewe, MOET die wiel iewers draai…  Jesus het vir ons die grootste voorbeeld kom gee van dat slegte tye nie vir ewig aanhou nie – deurdat Hy vir ons ‘n NUWE lewe kom gee het die dag toe Hy vir ons aan die kruis kom sterf het…  Ek dink dit moes vir Hom bitter erg gewees het om te weet wat vir Hom voorlê, maar steeds het Hy deurgedruk, en danksy Hom kan ons eendag die Ewige Lewe hê, wanneer ons Hom kies…

Miskien voel jy vandag op moed verloor se vlakte en weet jy net nie meer wat die punt is van al die gesukkel wat jy moet verduur nie…  Miskien bid jy al vir ‘n tyd lank vir iets, maar die deurbrake wil net nie kom nie…  Miskien is jy moeg gewag…  God ken jou hart…  Hy IS by jou, selfs al voel dit vir jou of jy nou al ‘n tyd lank die lewensreis op jou eie aangepak het…  Miskien is jy al OP van karakter bou – mens voel mos baie keer – ek is nou al sterk genoeg – HOEVEEL moet ek dan nou nog deurmaak?!  Ek’t nie die antwoorde vir jou op al hierdie vrae nie…  Al wat ek jou kan verseker is dat jy NOOIT alleen hoef te voel, of dat jy die lewe en al sy dinge ALLEEN hoef aan te pak nie…  Jesus is ELKE dag met jou…  Sy Heilige Gees is IN jou en sal jou omvou met Sy liefde, genade en vrede…  Baie van die karakter-bou wat ek moes deurmaak, het my gehelp om op ‘n manier daar te kan wees vir ander mense wat deur soortgelyke dinge moet gaan…  Dit leer jou om humble te wees en compassion vir ander te hê…  Ek wil jou laat met die woorde van Robert H Schuller – tough times never last, but tough people do…  God is BY jou – elke oomblik van elke dag…  In die donkerste nag, en in die langste dag – Hy is by jou…  Hy sal jou dra waar dit vir jou voel of jy nie ‘n tree verder kan stap nie…  Hy is groter as ENIGE iets of IEMAND wat vandag oor jou pad sal kom…  Moenie moed opgee nie – dis altyd te vroeg om moed op te gee!  As jy aan ‘n resies deelneem, maar ophou hardloop voor jy die eindstreep oorsteek, sal jy uitmis op daardie “gevoel” van “accomplishment” asook die moontlike “prys” wat vir jou wag…  God het BAIE meer in store vir jou as wat jy ooit sal hoop of dink…  Jy is ONEINDIG kosbaar en Hy het jou bitter baie lief!  Hardloop jou lewenspad met volharding!!

Blessings!

Anel**

No comments: