Thursday 7 November 2013

Your present circumstances don't determine where you can go; they merely determine where you start… ~ Nido Qubein


Haloes! J
 
Your present circumstances don't determine where you can go; they merely determine where you start… ~ Nido Qubein
 
1 Corinthians 13:12
 
 Now we see things imperfectly as in a cloudy mirror, but then we will see everything with perfect clarity. All that I know now is partial and incomplete, but then I will know everything completely, just as God now knows me completely.
 
Hebrews 11:1
 
Now faith is confidence in what we hope for and assurance about what we do not see.
 
“You change your life by changing your heart…” ~ Max Lucado
 
“Act like you expect to get into the end zone…” ~ Christopher Morley
 
Ek het ‘n boodskap gehoor wat my ONGELOOFLIK aangeraak het…  Ek moet net die kruks van die boodskap wat ek gekry het, met julle deel, want ek voel dat dit ‘n boodskap is wat ELKE persoon ten minste 1 keer in sy lewe moet hoor!  Die predikant het Christenskap met ‘n huwelik vergelyk…  Kyk net hoe interessant en WAAR is die volgende!
 
1.       As jy getroud is, wonder jy nie of jy getroud is nie, WANT – jy het ‘n huweliksertifikaat as bewys daarvan…  NET SO, behoort jy nie te wonder of jy ‘n kind van God is nie, want jy het die Bybel as bewys daarvan…
 
2.       As jy getroud is, hoef jy verder ook nie te wonder of dit werklik is nie, want jy het ‘n gebeurtenis om die dag te staaf – naamlik, jou TROUDAG…  NET SO, het jy ‘n gebeurtenis wat merk dat jy ‘n Christen is, naamlik die dag toe Jesus vir jou en my aan die kruis kom sterf het!
 
3.       Jy kan dus RUS in die wete dat jy ‘n Christen is, wanneer jy vir Jesus Christus as jou verlosser en Saligmaker aanvaar het! 
 
Faith, is nie iets wat op ‘n gevoel gebasseer is nie…  Dis iets wat jy weet en glo, al kan jy dit nie sien nie (Hebreërs 11:1) – omdat jy vir Jesus aanvaar het!  Ons Christenskap kan dus nie gebou word op HOE ons voel nie, want mens se emosies kan ELKE dag verander en verskil van hoe jy die vorige dag gevoel het…  As jy jou verhoudings of huwelik basseer op ‘n gevoel – en nie ‘n KEUSE wat jy gemaak het, om die pad end uit te stap, met Jesus as jou basis nie – sal dit ook nie lank wees voor jou gevoelens jou wysmaak dat jy nie meer jou lewensmaat liefhet nie…  Hierdie was vir my soveel waarheid, en mens dink nie altyd so daaraan nie!  Nog iets wat ek wil byvoeg, wat aansluit by jou Christenskap, asook 'n huwelik – is GEDULD…  Mens het in alle verhoudings geduld nodig, want ons is NET mens wat partykeer geirriteerd kan raak met die mense rondom ons…  As jy met elke fight wat jy het, ‘n vriendskap of verhouding beeindig, sal jy nie baie lank gelukkig wees nie…  Jy sal ook nie baie vriende oorhe nie!  Daardie fights wat mens moet deurgaan, is deel van die karakter wat gebou moet word in jou lewe, om jou ‘n sterker mens anderkant te laat uitkom  
 
NETSO, moet jy GEDULDIG OP GOD WAG, vir die planne wat Hy in jou lewe het!  Deur SY krag, en genade, en die gawes wat Hy jou gegee het, kan jy jou drome najaag!  Dis NOOIT te laat om te wees wat jy nog altyd net oor gedroom het nie!  Jesus sal Sy plan vir jou lewe aan jou bekend maak, wanneer die tyd daarvoor reg is…  Mens voel partykeer of jy baie lank moet wag vir deurbrake om te kom – maar ek belowe jou – jy sal NOOIT tevergeefs wag nie!  Jesus sal voorsien, die dinge sal in plek val, en Hy sal dinge laat uitwerk sodat jy die grootste moontlike seën daaruit kan ontvang!  WAG OP JESUS!  Hy sal jou nie teleurstel nie!
 
blessings!
 
anelli*

No comments: