Haloes! J
“A setback is simply a setup for a great
comeback… That adversity could be the
very thing that will help promote you…” ~ Joel Osteen
Isaiah
50:10
“Who is
among you that fears the LORD, That obeys the voice of His servant, That walks
in darkness and has no light? Let him trust in the name of the LORD and rely on
his God.”
1 Corinthians 15:57-58
“But thanks be to God! He gives us the victory through
our Lord Jesus Christ. Therefore, my dear brothers and sisters, stand firm. Let
nothing move you. Always give yourselves fully to the work of the Lord, because
you know that your labour in the Lord is not in vain.”
“Life will always
try to make things difficult for you, but every time you overcome difficulties,
you come out stronger…” ~ Unknown
“Two things define
you… Your patience when you have nothing,
and your attitude when you have everything…” ~ Unknown
Ek is seker baie van julle het al ‘n wedstryd of kompetisie
gekyk, waar die persoon of span wat jy wil hê moet wen, agter was op die
telbord… Ek glo altyd dat dit nie oor
is, totdat die laaste minuut verby is nie, maar die teleurstelling is dikwels
bitter groot wanneer mens aanhou hoop, en jou span of speler steeds die
onderspit delf… Daar is gewoonlik twee
tipe ondersteuners… Die wat bly glo tot
die einde, en die wat dadelik opgee wanneer die span of speler begin sukkel…
In ons lewens is dit dieselfde… Soos julle weet is dit nie altyd “plain
sailing” nie… Maar ek dink ons begin
baie keer ‘n nuwe dag, met die verslane “attitude” van die vorige dag se
teleurstellings… Ons tob oor dit wat ons
verkeerd gedoen het, of dit waarmee ons ongelooflik sukkel… Ons kyk dikwels so vas in die probleem of
uitdaging, dat ons vergeet NA wie ons moet kyk, en met wie ons moet praat in
hierdie moeilike tye… Ons mag dalk
vandag 2e op die telbord geëindig het, maar dit beteken nie dat ons môre met ‘n
agterstand moet begin nie! God kom maak
die telbord 0-0 elke oggend… Hy kom gee
ons nuwe krag, en nuwe moed wanneer ons opstaan om die nuwe dag aan te pak… Sy genade, Sy bystand en Liefde, is elke môre
NUUT vir my en jou!! Jesus het aan ons
kom wys dat NIKS onmoontlik is, die dag toe Hy aan die kruis gesterf het, en op
die derde dag weer opgestaan het uit die dood…
Moenie vaskyk in dit wat in die verlede gebeur het nie… Moenie vandag begin met ‘n agterstand op die
telbord nie, en moet ook nie probeer om vandag se uitdagings met gister se moed
en krag aan te pak nie… Gee dit in Jesus
se hande… Bid dat God vir jou ‘n pad
moet maak, waar jy op die oomblik geen pad sien nie… Dat Hy deure in jou lewe sal oopmaak wat geen
mens sal kan toemaak nie… Dat Hy jou
bekommernisse sal wegneem, en dat Hy jou gemoed sal vul met vrede en rustigheid… Vrede wat net God kan gee… God SAL vir jou sorg… Die ou wat wen, is gewoonlik nie die ou wat
die sterkste, vinnigste of slimste is nie…
Dis die ou wat weet waar sy krag vandaan kom, wat 5 minute langer aanhou
as die een langs hom, en wat weet WIE Sy toekoms in Sy hande hou… Ek laat jou vandag met Jeremiah 29:11 – “For
I know the plans I have for you… Plans to prosper you and not to harm you…
Plans to give you hope and a future…”
Blessings!
anel**
No comments:
Post a Comment