Thursday 14 November 2013

"Don't ever let someone tell you that you can't do something... Not even me... You got a dream, you gotta protect it... When people can't do something themselves, they're gonna tell you that you can't do it... You want something, go get it. Period."


Haloes! :D

"Don't ever let someone tell you that you can't do something... Not even me... You got a dream, you gotta protect it... When people can't do something themselves, they're gonna tell you that you can't do it... You want something, go get it. Period."

Isaiah 12:12

"Surely, God is my salvation; I will trust and not be afraid... The Lord, the Lord is my strength and my song; he has become my salvation..."

Ephesians 3:16-19

"I pray that out of His glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being, so that Christ may dwell in your hearts through faith... And I pray that you, being rooted and established in love, may have power, together with all the saints, to grasp how wide and long and high and deep is the love of Christ, and to know this love that surpasses knowledge - that you may be filled to the measure of all the fullness of God..."

“Follow your dreams, believe in yourself and don't give up…” ~ Rachel Corrie

“Don't ever give up. Believe in yourself or no one else will. My personal saying is: 'I'd rather die knowing that I tried to do what I love.” ~Adrienne Bailon

Ek glo, maar…  Ek dink baie van ons was al in ‘n situasie, waar ons met die onmoontlike gekonfronteer is, en waar ons dink, dit kan dalk uitwerk, maar ek het DIT teen my, of DAT wat teen my tel…  Mmm…  Maar, miskien kan dit tog dalk nie uitwerk nie…  OF, Ja, niks is vir God onmoontlik nie, MAAR…  Ek het soveel dinge wat teen my is op die oomblik…  Die odds lyk nie goed nie…  Klink dit bekend??    Of ons was al in so ‘n situasie, of ons ken iemand wat so praat…  Ons sit partykeer vir God in 'n boksie deur sulke gedagtes te koester...

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1)…  Ek dink dat wanneer dinge maklik gaan in ons lewens, wanneer ons ‘n stukkie plain sailing beleef, is dit maklik om te glo, om lewe te spreek en te vertrou dat God alles sal laat uitwerk soos dit moet…  Dis wanneer ons met moeilike dinge gekonfronteer word, wanneer dit werklik lyk of die “odds” absoluut teen ons is, dat ons soos ‘n Petrus raak…  Petrus wat gesien het hy KAN op die water loop, wat toe begin twyfel het toe Hy SUPER naby aan God was!  In ons lewens is dit dieselfde…  God kon dalk al 100 keer vir ons deurgekom het, maar die duiwel spesialiseer daarin om twyfel in ons lewens te saai op die 101e keer!  God is ‘n God vir wie niks onmoontlik is nie…  ‘n Vriendin van my het so ‘n mooi beeld gebruik nou die dag…  As jy ver van Tafelberg af staan en jy hou jou hand voor dit, sal jy sukkel om Tafelberg te sien - jy gaan net in jou hand vaskyk…  Hoe nader jy aan Tafelberg beweeg, hoe duideliker sal jy Tafelberg sien en hoe kleiner sal jou hand wees…  Dis dieselfde met probleme…   Wanneer ons ver van God af is, en probleme of moeilike tye doen hulself voor, sien mens baie keer net die probleem of onmoontlikheid raak…  Maar hoe nader jy aan God beweeg, terwyl jy probeer om die moeilikheid of onmoontlikheid te hanteer, of sin van te maak, hoe duideliker sal jy God se werking sien, en hoe kleiner sal jou probleem lyk…  NIKS is vir ons Hemelse Pappa onmoontlik nie…  Miskien het jy finansiele moeilikheid, verhoudingsprobleme, siekte of werkloosheid wat jou in die gesig staar…  Nader tot God…  En GLO dat GOD ENIGE iets kan doen!  Spreek dit in jou lewe!  Don’t tell God how big your problem is, tell the problem how BIG your God is!  God sal SORG!  Vertrou net!

Blessings!

anelI**

No comments: