Monday 11 November 2013

gebedsversoeke


Haloe julle!
Nuwe week, nuwe gebedsversoeke!
 
Anonieme persoon vra:  My broer se skoonpa se toestand (kanker) het baie versleg en hy is in die hospitaal opgeneem. Ons vra dat julle asb vir hom en sy hele familie bid.
 
Anonieme persoon vra:  My ma is gediagnoseer met ‘n outo-immune siekte.  Die siekte val die goeie en slegte selle aan in die liggaam – kan nie onderskei tussen die twee nie.  Daar is tans ‘n infeksie in die liggaam maar dokters kan nie die oorsaak daarvan vasstel nie.  Bid asseblief saam met ons dat dokters sal kan vasstel wat aangaan.  Sy moet vandag ‘n tweede lumberpunch ondergaan.  Bid asseblief dat die infeksie nie sou vererger het nie, en dat God haar sal omvou met Sy liefde, genade en dat Hy aan ons ‘n wonderwerk sal bewys.  Ons dien ‘n God vir wie niks onmoontlik is nie.    
 
Anonieme persoon vra:  My swaer is tans in die hospitaal en daar het nou ‘n abses gevorm langs die kolon. Hulle gaan nou onder lokale verdoowing ‘n dryn insit om te kyk of dit sal dryneer. Hulle wil nie graag weer opereer nie, want dit is die volgende opsie.  Bid asseblief dat God hom sal aanraak – hy glo nie in God nie.  Bid dat sy hart sal sagraak en dat hy sal besef dat God hom baie lief het.
 
Mag julle ‘n pragtige en baie geseende dag he!
 
Blessings!
 
Anelli**

No comments: