Wednesday 13 November 2013

"Children are happy, because they do not have a file in their minds called "all the things that could go wrong..." - Marianne Williamson

Haloes! :D

"Children are happy, because they do not have a file in their minds called "all the things that could go wrong..." - Marianne Williamson

John 16:33

“I have said these things to you, that you may have peace... In the world you will have tribulation... But take heart, I have overcome the world..."

2 Timothy 4:17

"But the Lord stood by me and strengthened me, so that through me, the message might be fully proclaimed and all the Gentiles might hear it... So I was rescued from the lion's mouth..."

"Everything comes in time to him who knows to wait..." - Leo Tolstoy

“Testimony begins with TEST…” ~ Joyce Meyer

Is jy iemand wat hou van die onvoorspelbare of onbekende??  Ek dink vir meeste van ons, sal dit verg dat ons buite ons comfortzone moet beweeg wanneer ons die onbekende moet aanpak…  Dit is vir my so amazing hoe kleintjies nie ‘n bang haar op hul kop het nie…  Vrees vir die onbekende, bestaan verseker nie in hul woordeskat nie…  Hoekom sê ek so??  ‘n Voorbeeld hiervan…  Ek was ‘n tyd terug by ‘n rugbywedstryd…  ‘n Pa kom toe by die paadjie afgestap met ‘n seuntjie aan elke hand en ‘n baba in sy arms…  Hulle het reg voor my gesit…  Nadat die Pa hulle sitplekke identifiseer het, het hy die baba in my arms gesit, en gevra – “hou gou vas”.  Hy’t toe gesorg dat sy ander seuntjies hulle sitplekke inneem, en die baba het seker vir 5 minute by my gesit – doodstil, sonder om te begin kriewel of huilerig raak…  Asof hy my geken het, en totaal en al aanvaar het…  Dit het my net opnuut laat besef hoe ongelooflik God ons geskape het…  Wanneer jy baba of kleuter is, aanvaar jy almal onvoorwaardelik…  Jy judge nie, en jy deel sommer onvoorwaardelik liefde uit... 

‘n Ander voorbeeld, een waarmee ons elkeen kan vereenselwig, is die dag wat jy leer fietsry het…  Meeste van ons het met die klein wielietjies aan begin fietsry…  Ek onthou nog hoe lekker dit was om dit reg te kry, en die straat plat te ry…  Maar iets wat ook met meeste van ons gebeur het toe ons die klein “hulp-wielietjies” afgehaal het, is dat ons ‘n hele paar keer, sommer hard met Moeder Aarde kennis maak…  Ons het knieë nerf-af geval, maar ek glo dat vir 99% van ons, het dit nie verhoed om later weer op die fiets te klim en weer te probeer nie…  Kinders huil gewoonlik, maar more is hulle weer terug op die fiets!  Marianne Williamson som dit perfek op!  Kinders is gelukkig, want hulle het nie ‘n leêr in hul brein met ‘n klomp vooropgestelde idees van alles wat verkeerd kan gaan nie!  Hulle aanvaar onvoorwaardelik, leef voluit, en het lief met oorgawe…  Miskien het jy onlangs van “die fiets afgeval”…  Miskien is daar ‘n rofie wat jou herinner aan jou val, of miskien is jou knieë nog behoorlik nerf-af en die val sommer nog behoorlik in jou gedagtes ingeprent…  Miskien is jy vrek bang om weer te probeer, aangesien jy so hard geval het die vorige keer…  Miskien is daar besluite wat jy moet neem, maar al wat in jou kop bly vassteek is alles wat moontlik verkeerd kan gaan, indien jy die verkeerde besluit maak…   If God brings you to it, He will get you through it!  God sal sorg!  Al wat Hy van ons vra, is geloof so klein soos ‘n mostertsaadjie…  Hy sal sorg vir die groot goed – al wat nodig is, is dat ons FAITH het, en vertrou dat God vir ons sal deurkom.  Moenie bang wees om weer op jou fiets te klim nie – en hou op om dinge so te oor-analiseer, en al die WAT ASSE raak te sien…  Fokus op VANDAG – wat ek kan doen aan dit waaroor ek so bang is, in die hier en nou…  God sal sorg vir môre…

Blessings,
 
anelli**

No comments: