Thursday 7 November 2013

gebedsversoeke


Haloe julle!

 

Ons het vanoggend weer gebedsversoeke:

 

Anonieme persoon het gevra:  Gister het my vriendin en haar man se een jarige seuntjie, verdrink by sy tannie se huis. Die tannie het bedags na hom gekyk. Kan ek asb vra dat daar vir almal gebid sal word vir vergifnis oor die ongeluk wat gebeur het, vir die tannie oor hoe sy ook voel na hierdie hartseer ding en ook dat God hulle sal lei deur hierdie hartseer tyd.


Anonieme persoon het gevra:  Hiermee wil asb vir julle vra of julle nie vir my kan bid nie.Ek het al vir 14Jaar depressie.Op die oomblik is ek baie swak.Ek gaan werk toe want ek wil nie alleen wees nie. Daar is 'n moontlikheid dat ek my werk kan verloor,want daar is  van vermindering van personeel. Ek is al 38 by die besigheid en my ouderdom tel teen my. Maar ek weet God kan my help.As hy vir die voels van die hemel kan sorg sal hy vir my ook sorg.  Maar as jy depressie het sien jy net die swart kant.

 

Blessings vir julle J

 

anel

No comments: