Tuesday 12 November 2013

gebedsversoeke en praise report!


Haloe julle!
 
Ons het vandag gebedsversoeke en ‘n praise report J
 
Anoniem:  Here, baie dankie dat u in ons behoeftes voorsien, altyd met goeie tydsberekening.
Ek het na baie maande se harde soek ‘n ander werk gekry en ek glo dat God se hand 100% daarin was.
 
Anoniem: `n goeie vriend van ons se broer is so bietjie meer as `n week gelede in die Hospitaal opgeneem met Malaria. Dit gaan al baie beter hom, maar hy is nog steeds in die ICU. Kan almal asseblief saam met ons bid vir beterskap en dat die Here sy hand van beskerming oor hom sal hou.
Alles is in God se hande. 

Anoniem:  Bid asseblief vir my en my familie.  Bid ook asb vir die department waarin ek werk… Dinge gaan nie te lekker daar nie.
 
Anoniem:  Bid asseblief vir my vriendin wat tans deur ‘n baie moeilike tyd gaan.
 
Dan dink ek moet ons ook saambid vir die mense wat tans in die Fillipyne ALLES verloor het…  Kom ons bid vir die mense wat vermis is, die kinders wat dalk ouerloos gelaat is…  Die mense wat nie kos of klere het om aan te trek nie.  Wat hulle lewe se besittings verloor het.  En kom ons se sommer dankie – vir dit wat ons het…  Want al gaan dit swaar in ons lewens – ek glo nie dat ons ‘n idee het wat daardie mense op die stadium deurmaak nie…
 
Blessings vir julle!
 
Anel

No comments: