Sunday 1 December 2013

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Haloes! J

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Luke 6:38


"Give, and it will be given to you; good measure, pressed down, shaken together, running over, they will pour into your lap. For by your standard of measure it will be measured to you in return."

Luke 6:28-29

“But I say to you that hear, Love your enemies, do good to those who hate you, bless those who curse you, pray for those who abuse you…”

“The best antidote I know for worry is work. The best cure for weariness is the challenge of helping someone who is even more tired. One of the great ironies of life is this: He or she who serves almost always benefits more than he or she who is served.”  Gordon B. Hinckley

“Even the smallest act of caring for another person is like a drop of water -it will make ripples throughout the entire pond...” ― Jessy and Bryan Matteo

Kan julle glo dat ons in Desember is?!  Hierdie jaar het ongelooflik vinnig gegaan...  Desember en Kerstyd is een van my gunsteling tye van die jaar...  Pragtige liggies, kerskoekies, vakansie, familie, geskenke en liefde...  en die belangrikste van alles - dis die maand waar ons opnuut herinner word dat God Sy Enigste Seun aan ons gegee het, sodat ons nie eendag verlore hoef te gaan nie, maar dat ons die Ewige Lewe kan he...  Dis ook 'n tyd van die jaar wat mens gewoonlik meer attent is op ons blessings en bewus is van mense wat minder as ons het...  'n Vriend van my in Amsterdam "sponsor" 'n kind vir 29Euro per maand...  Die kind is in die Fillipyne en die maandelikse bydrae word vir die kind se welstand gebruik.  Baie van die kinders in die inisiatief van Hillsong Kerk is weeskinders, of kinders in baie minderbevoorregte huise...  My hart was stukkend toe ek nou die aand op Facebook my vriend se "status update" sien, dit gaan so - "Today I got 2 letters from compassion (organisasie wat die administrasie van die projek beheer...) The first letter Jimmel writes to me and he talks about his grandparents and how he loves the pictures I send him... The second letter is from compassion confirming that Jimmel was indeed living directly in the affected area and NO contact could be established with him and his family at this time ... 3 years ago I just knew I wanted to sponsor a little boy from The Philippines... There was an unknown reason behind it....: This could very well be the reason why..!"

Ons weet nie wat vandag, more of volgende jaar inhou nie... Maar ons weet WIE dit in Sy hande hou...  Daar is so baie dinge wat ons se ons sal doen "eendag - wanneer my skippie inkom"... Dis NOU die tyd om 'n verskil te maak...  Om iets te doen vir iemand wat dalk NOOIT vir jou iets in ruil sal kan doen nie...  Die mense wat oor jou pad kom is maar nie net toevallig nie - God stuur elke mens met 'n spesifieke doel oor jou pad... Ek weet dat met die armoede in ons land, is dit nie moontlik om almal kan help nie - maar ons kan ALMAL liefhe en aanvaar...  God weet wat Hy vir jou lewe beplan - KIES om elke dag SO te leef dat die wereld 'n armer plek sal wees sonder jou in dit...  Mense sal dalk nie altyd onthou wat jy vir hulle gedoen het nie - maar hulle sal ALTYD onthou hoe jy hulle laat voel het! "Be kinder than necessary cause everyone you meet is fighting some kind of battle...” ~ JM Barrie  God is met jou in hierdie nuwe week! As jy dalk voel of jou krag te min is vir die week wat voorle - kyk net op... God sal jou kom vul met nuwe krag en hy sal sorg dat jy genoeg petrol in jou tenk het om alles te doen wat hierdie week van jou verwag!!  Jesus het jou BAIE lief!

blessings!


anel**

No comments: