Tuesday 12 November 2013

"Don't limit your challenges - challenge your limits..." - Unknown


Haloes! :D
 
"Don't limit your challenges - challenge your limits..." - Unknown
 
Exodus 15:2
 
"The Lord is my strength and my song, and he has become my salvation; this is my God and I will praise Him, my father's God, and I will exalt him..."
 
Psalm 18:32-34
 
"The God who equipped me with strength and made my way blameless... He made my feet like the feet of a deer and set me secure on heights...  He trains my hands for war, so that my arms can bend a bow of bronze..."
 
"It is during our darkest moments that we must focus to see the light..." - Aristotle Onasis
 
"God always gives His best to those who leave the choice with Him..." - Jim Elliot
 
Hierdie aanhaling van Aristotle Onasis is groot waarheid…  Wanneer ons moeilike tye beleef, is die LAASTE ding waaraan ons wil dink – “die silwer randjie” of “fokus op die positiewe in die situasie”…  Ons het gewoonlik tyd nodig om DIT waarmee ons worstel, te hanteer – en gedurende daardie “hanteer-fase”, wil ons baie keer net SULK en vergeet van positief wees… Hulle het gisteraand op CNN gewys hoe die Fillipyne tans lyk…  Dis totaal en al verwoes…  Hulle het “before” en “after” gewys – beskawing, huise, waterfront ensovoorts, wat alles platgevee is…  Dit lyk tans soos onbewoonde land…  Daar was met van die mense gepraat oor hulle ervaring van die storm…  Een vrou het gesê – sy is die enigste oorlewende persoon in hulle familie…  Almal wat sy liefhet, is weg…  Ekt gekyk na die beelde, en het net gesit en wonder – waar begin jy wanneer jy ALLES verloor het wat vir jou belangrik was?  Alles is steeds oorstroom, mense word steeds vermis, daar is nie kos nie, daar is geen manier om te kan wegvlug nie, aangesien die lughawens ook totaal en al onder puin gelê is…  Ek dink hierdie mense se limiete is behoorlik gechallenge…
 
Waar moet jy begin?  Wanneer jy niks het nie?  Begin by wat jy oorhet…  Want al het jy geen familie nie, geen aardse besittings, geen skuiling, en geen kos nie – het jy steeds vir God…  Hy is al een wat jou sal kan help om te “deal” met die verskriklike verlies wat jy moes / moet deurmaak…  Hy is al een wat vir jou deure sal kan oopmaak, wat GEEN mens kan toemaak nie…  Hy is die Een wat vir jou ‘n pad kan maak, waar daar net doodloopstrate is…  Hy is die Een wat jou sal dra wanneer jy nie verder kan nie, wat jou sal vul met NUWE krag – genoeg vir elke uitdaging wat oor jou pad mag kom…  Hy is die Een wat Onmoontlik in Moontlik kan verander…  Wat jou kan equip, met die nodige vaardigheid wat jy nodig het, om die LEWE met MOED, en OPGEWONDENHEID te kan aanpak…  Want al werk alles nie met die eerste probeerslag uit nie – kan jy HOOP hê, wat jou sal motiveer om weer te probeer – nie bang te wees vir dinge wat jou pad kruis nie, maar met Geloof en Hoop dit aan te pak of deur te maak…  God sal jou nie ‘n oomblik alleen los nie…  Onthou – al voel dit vir jou of jy NIKS oorhet nie – jy het ALTYD vir God…
 
Blessings!
 
Anel**
 

No comments: