Tuesday 1 October 2013

“No one is perfect…That is why pencils have erasers…”~ Unknown

Haloes! J
 
“No one is perfect…That is why pencils have erasers…”~ Unknown
 
Matthew 28:20
 
“I am with you always, even until the end of the world… Amen…”
 
Psalm 27:5
 
“For in the day of trouble he will keep me safe in his dwelling; he will hide me in the shelter of his sacred tent and set me high upon a rock…”
 
“Every accomplishment starts with the decision to try…” ~ Unknown
 
“You are special, God loves you…” ~ Unknown quotes
 
Hoe besluit jy watter vrugte om te koop as jy na die supermark gaan? Koop jy die met die kneusplekke, of kies jy die wat vir jou die mooiste lyk? Rooi, blink appels met geen merkies op nie, of piesangs sonder enige kneusplekke? Ekt die naweek vrugte gekoop en besef – as God ons moet uitkies soos ons vrugte uitkies, sou nie een van ons die “cut” gemaak het nie… As jy byvoorbeeld ‘n sakkie piesangs koop, en ‘n sak waspoeier bo-op dit in die sak pak, sal dit nie lank wees of die piesang sal gekneus en bruin wees van die druk wat daarop uitgeoefen is… Ons word ook van alle lewenskrag getap wanneer ons deur moeilike tye gaan, of tye waar ons met soveel bekommernis gevul is, dat dit jou lewe totentaal oorheers… Ons lewens word gekneus deur die probleme wat oor ons pad kom – mense wat jou teleurstel en seermaak, dinge wat nie uitwerk soos wat jy gehoop het nie, foute wat jy voorheen gemaak het wat jou haunt!
 
Gekneusde piesangs hoef egter nie weggegooi te word nie! Hulle kan gebruik word om piesangbrood te bak!! Vir 'n lekker piesangbrood het jy ‘n bietjie oorrype / gekneusde piesangs nodig, want die smaak van die broodjie sal net nie dieselfde wees as jy bestandele gebruik wat perfek is nie. Wat ek dus vanoggend vir jou wil sê – maak nie saak HOE onbruikbaar jy dalk dink jou lewe is nie, God kan jou situasie of omstandighede gebruik, om iets ONGELOOFLIKS van dit te maak… Jy moet net jou lewe in SY hande gee, dat HY die bak- en brouwerk kan doen! Wanneer ons so verskriklik “worry” oor tientalle klein dingetjies, probeer ons DIE LEWE op ons eie krag aanpak!! En ons hoef nie ‘n oomblik alleen te worstel met moeilike dinge nie… Ons Beste Vriend, ons Hemelse Pappa, op wie ons 24/7 kan staatmaak, is met ons… EN HY het JOU gekies…Ons Dominee het altyd gesê – Jesus does not love you, because you chose Him – He loves you because He chose you! And He loves you, like the Father loved His Son Jesus… Dis oneindig groot, en ek dink nie ons besef aldag HOE GROOT God se liefde vir ons is nie!!  So!  Hierdie dinge wat soos ‘n berg voor jou lê – sit dit in jou Pappa se hand!  BID, en plaas jou geloof in God!  Hy sal jou nie teleurstel nie – en Hy kan ENIGE IETS in ‘n wonderwerk omskep…
 
Vir die van julle wat erg moeg is, byt vas – die jaar is amper op ‘n einde! – Matthew 11:28:“"Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest…”
 
Blessings!
 
Anelli**

No comments: