Thursday 24 October 2013

“Spending today, complaining about yesterday, won’t make tomorrow any better…” ~ Unknown

Haloes! J

“Spending today, complaining about yesterday, won’t make tomorrow any better…” ~ Unknown 
 
2 Corinthians 12:9
 
My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.
 
1 Peter 5: 7-10
 
“Cast all your anxiety on him, because he cares for you. Discipline yourselves, keep alert. Like a roaring lion your adversary the devil prowls around, looking for someone to devour. Resist him, steadfast in your faith…  And after you have suffered for a little while, the God of all grace, who has called you to his eternal glory in Christ, will himself restore, support, strengthen, and establish you…”
 
“God puts rainbows in the clouds so that each of us - in the dreariest and most dreaded moments - can see a possibility of hope…” ~ Maya Angelou
 
“Hope is patience with the lamp lit...”  ~Tertullian

Ons is nou in daardie “crunch tyd” stukkie van die jaar…  Die dae is lank, geduld is min, en ons weet nie aldag waar ons die krag vandaan gaan kry om die jaar enduit te sien nie…  Wanneer ons moeg is, is die uitdagings groter, die teleurstellings feller en ons uithouvermoë baie minder…  Dis baie maklik om net die tyd te begin “omwens”, dae te tel, en te wens vir die nuwe begin wat die nuwe jaar vir ons sal bring…  Ons raak ook baie keer so vasgevang in GISTER, dat ons vergeet van vandag, en nie uitsien vir wat die dag van môre sal bring nie…  Miskien is 2013 nie gewees wat jy gehoop het dit sal wees nie…  Miskien was daar drome en doelwitte wat jy gehad het, wat nogsteeds op jou drome en doelwit lysie sit…  Miskien het jy probeer, maar het jy meer mislukking gesmaak as enige iets anders die afgelope jaar…  Miskien is jou hart gebreek, en weet jy nie hoe jy weer al die stukke bymekaar gaan kry nie…  Miskien voel jou lewe so deurmekaar, dat jy nie weet HOE jy hom weer agtermekaar sal kry nie…
 
Daar is net een plek om te begin – BY GOD…  Wanneer ons Hom in plek sit, sal Hy sorg dat al die ander dinge weer in plek val…  Hy sal jou lewe van chaos kom orden – jou kom wys waar om te begin, en hoe om vorentoe te stap…  Maak vir Hom tyd in jou daaglikse gejaagdheid…  Gaan sit by Sy voete, en laat Hom toe om te werk in jou lewe…  Ons dink ons weet baie keer wat ons nodig het om gelukkig te wees – maar baie keer, is dit juis die dinge wat ons so graag wou gehad het, wat die hoofbron van ons ongelukkigheid is…  Die jaar is nog nie verby nie – en daar is steeds tyd om jou drome waar te maak, en om jou lewe voluit te lewe…  Gee die stukke vir Jesus – Hy kan ENIGE iets wat gebreek is, weer heel maak…  Bid oor jou lewe, vertel vir God wat jou bangmaak, vertel Hom van dit wat jy nie verstaan nie, en dit wat net nie sin maak nie…  Gee jou finansies, werk, pyn, liefde, hartseer, siekte en geliefdes in Sy hande…  Hy sal die laaste stuk van 2013, ‘n blessing op jou lewe laat wees, wanneer jy Hom toelaat!  God het jou oneindig baie lief en Hy wil NET die beste vir jou lewe hê!  Gee die laaste stukkie van 2013 in God se hande – laat Hom toe dat Sy wil in jou lewe kan geskied!

Blessings vir jou!

Anelli**

 

 

 

 

 

 

 

No comments: