Monday 30 September 2013

“I am who I am today, because of the choices I made yesterday…” ~ Eleanor Roosevelt


Haloes! :)

“I am who I am today, because of the choices I made yesterday…” ~ Eleanor Roosevelt

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you.  He will not leave you or forsake you…”

Isaiah 35:4

“Say to those who have an anxious heart,  “Be strong; fear not!  Behold, your God will come with vengeance, with the recompense of God.   He will come and save you.”

“What is Life?  They say its from B to D…  From Birth to Death…  But what is between B and D?  It’s a “C”, so what is a “C”?  It is a choice…  Our life is a matter of choices…  Live well and it will never go wrong…” ~ Unknown
“When writing the story of your life, don’t let anyone else hold the pen…” ~ Unknown

Wat is belangrik om te onthou wanneer jy motor bestuur?  Jy moet seker maak dat jy in die regte “rat” is, om die stuk pad wat voor jou lê, te kan aflê…  Verder moet jy seker maak dat jou volle aandag is by wat jy doen (al ken jy die pad baie goed), want daar kan mense of diere wees wat die pad oorsteek, en wat dan kan lei tot ‘n ongeluk indien jou volle aandag nie op die pad was nie…  Laastens, moet jy jou hande op die stuurwiel hê, ten einde die motor in die regte rigting te stuur, om seker te maak dat jy jou eindbestemming sal bereik…  Jy gaan mos nie vir iemand vra – “ag hou gou die stuurwiel vas en maak seker dat ons, ons bestemming bereik nie”, terwyl jy teen volle spoed op die snelweg ry nie??  Jy sal self daardie stuurwiel vashou, om seker te maak dat jy en jou mede-passasiers VEILIG by jul eindbestemming sal aankom…

Hoekom skryf ek oor al hierdie dinge??  Want ons lewe is presies soos hierdie situasie…  Dis JOU lewe – en jou keuses sal afhang van hoe jou lewe uitdraai…  Maar in ons lewe, laat ons baie keer toe dat mense ons voorsê, oor HOE ons, ons lewe behoort te leef…  Ons laat toe dat mense hul opinies op ons afdwing, en ons vergeet baie keer dat AL persoon wat ‘n sê behoort te hê ten opsigte van hoe ons lewe verloop – behoort God en Sy wil vir ons, te wees…  Alles in ons lewens is kom terug na die KEUSES wat ons maak...   En om die regte keuse te kan maak, is om SAAM met God te kies of besluit...  My gebed vir JOU vandag, is dat God aan jou die wysheid sal gee om die REGTE keuses te maak...  Beteken dit dat ek nooit verkeerde besluite sal maak nie?  Nee, verseker nie!  Maar dit laat weer geleentheid vir GROEI en KARAKTERBOU toe…  Sodat jy eendag sal kan STORIES vertel van HOE jy geleef het – nie net halfpad nie, maar VOLUIT vir Jesus…  Daar waar jy partykeer verkeerde keuses maak, is dit verseker nie die einde van die wêreld nie...  HOE jy die keuse hanteer, en hoe jy kies om die lewe aan te pak, NADAT die verkeerde besluit gemaak is, is wat op die ou end die deurslag sal gee...  God kan help om aan die verkeerde besluit, die regte uitkoms te gee...  Ons moet ons net hou aan Sy woord, en BID dat Hy ons lewe sal laat verloop, soos HY dit wil hê...  Sodat ons op die ou end, MAKSIMUM seën daaruit kan put...  Daar gaan baie dae kom wat jy gaan voel - "wat is nou eintlik die punt?"  Ek verstaan nie hoekom God sekere dinge in my lewe toelaat nie...  Ek is sommer net lus om 'n tas te pak, en weg te hardloop...  Iewers heen waar niemand my ken nie, en waar ek oor kan begin...  Jy kan oorbegin NET waar jy is...  God is magtig om GROOT wonderwerke te doen...  Daar waar dit lyk of daar werklik GEEN uitkoms meer is nie, BID - en ek BELOWE jou, as jy geloof in God het om die onmoontlike, moontlik te maak, SAL dit vir jou so wees – wanneer dit in lyn met Sy wil vir jou lewe is...  Hy belowe dit telkemale in Sy woord...  Laat God toe om saam met jou, jou “lewensmotor te stuur” – sodat jy sal opeindig, daar waar Hy jou wil gebruik…  God sal 'n pad maak in jou lewe, waar jy dalk op hierdie oomblik, net doodloopstrate sien…


Blessings!

Anelli**

No comments: