Tuesday 29 October 2013

“Never put the key to your happiness in someone else’s pocket…” ~ Unknown


Haloes! J

“Never put the key to your happiness in someone else’s pocket…” ~ Unknown

Psalms 37:4

“Delight yourself also in the LORD: and he shall give you the desires of your heart…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

“The happiest people don’t necessarily have the best of everything… They just make the best of everything they have…” ~ Dandelionquotes.com

“Sometimes, the things you are most afraid of are the things that make you the happiest…” ~ Dandelionquotes.com

Waarin vind jy jou geluk?  In ander mense, soos jou lewensmaat, ou, meisie of vriende?  In jou werk, of in geld?  Wanneer dinge uitwerk soos jy dit wou hê?  In sport, of wanneer jy jou stokperdjie of passie uitleef?  Of kom ek stel die vraag andersom – wat is die dinge wat jou ongelukkig maak?  Jou verhoudings, jou werk, jou siekte, of siekte van ‘n geliefde, gebrek aan geld, gebrek aan liefde, gebrek aan rigting, dinge wat net nie in plek wil val nie, of jou finansiële moeilikheid?  Al hierdie genoemde dinge, kan wees soos ‘n boei (ronde gietyster bal) wat aan jou voet vasgeboei is en wat jy daagliks met jou moet saamsleep…  Waar JY gaan , daar gaan die boei ook…  Jy kan ook nie vinnig beweeg nie, want daar waar jy gaan, moet jy dit saamsleep…  Dit kan jou ook baie keer “terughou”, en in die proses weerhou van die goeie goed wat God vir jou lewe bestem het…

Ons dae is baie keer ook ‘n illustrasie van die bogenoemde…  Ons sal opstaan met die beste voornemens, maar dan kan EEN iets gebeur wat ons ongelukkig maak, en ons sal sommer die dag dan al afskryf as SLEG…  Al is dit dalk vroeg in die dag – sal ons die dag nie verder ‘n kans gee nie…  Liewe vriend en vriendin – God het vir elkeen van ons gesterf, aan ‘n Houtkruis…  Hy het gesterf vir alles wat verkeerd is in die wêreld asook vir die dinge wat verkeerd is in ons lewens…  Hy het ons al LANKAL vergewe en die Houtkruis is ‘n simbool van HOE groot Sy liefde vir my en jou is (elkeen van ons)…   Los die boei agter…  Laat God toe om dit vir jou af te knip, en sit die dinge wat jou bangmaak, en weerhou daarvan om ‘n vol lewe te hê, by God se voete neer…  Moenie uitmis op al die blessings, liefde, genade en VOL lewe wat God vir jou het, omdat jy jou geluk in aardse dinge of mense plaas nie…  God is groter…  God en die feit dat ons Sy kinders en erfgename is, is rede vir ‘n glimlag op jou gesig vandag…  Hy het jou ONEINDIG baie lief!  En maak nie saak WATSE storm of opdraende vir jou wag nie – God sal jou beskerm sodat jy ongedeërd daar sal uitkom…

Blessings!

Anelli**

No comments: