Sunday 20 October 2013

“Life is like a camera… Focus on what’s important, Capture the good times, develop the negatives, and if things don’t work out, Take another shot…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Life is like a camera…  Focus on what’s important, Capture the good times, develop the negatives, and if things don’t work out, Take another shot…” ~ Unknown
 
Psalm 62:1-2
 
My soul finds rest in God alone; my salvation comes from him. He alone is my rock and my salvation; he is my fortress, I will never be shaken…
 
Psalm 145: 18-19
 
The Lord is near to all who call on him, to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him; he hears their cry and saves them…
 
“Strength and growth come only through continuous effort and struggle…” ~ Napoleon Hill
 
“And once the storm is over, you won’t remember how you made it through, how you managed to survive. You won’t even be sure, whether the storm is really over. But one thing is certain. When you come out of the storm, you won’t be the same person who walked in. That’s what this storm’s all about.” ― Haruki Murakami
 
Ek is baie lief vir sonsondergange en –opkomste…  Ek het al my kar van die pad afgetrek net om die pragtige sonsondergang op my selfoon se kamera te kon vaslê…  Die hartseer ding, is dat dit die helfte van die tyd nie so mooi lyk, soos wat jy dit met jou oë waarneem nie…  Baie keer, wanneer mens van DIE spesiaalste oomblikke beleef, het jy nie altyd jou kamera by jou nie, of jou kamera se battery gee in – een van die grootste anti-klimakste!  Die lekker ding van ons kameras vandag, is dat meeste van dit digitaal is – met ‘n kamera kaart…  Jy kan dus dadelik sien hoe jou foto lyk, en as dit nie is soos wat jy gehoop het nie, kan jy hom “oorskiet” tot jy die volmaakste foto het…  Ek onthou nog toe ek klein was, hoe my ma hulle film in die kamera gesit het, en hoe lank jy moes wag – tot die film vol was, om dan te kon sien hoe jou fotos lyk…  Die hartseer ding partykeer, was dat foto’s “geblur” het, en jy dan net 1 van daardie fotos geneem het!
 
Ek LOVE hierdie aanhaling waar ons lewens met ‘n kamera vergelyk word… Dink gou daaroor – as jy ‘n kamera het – WAT gaan jy afneem?  Die tye wat jy en jou geliefdes baklei?  Of die tye waar julle “memories” maak - wat natuurlik iets sal wees wat jy graag sal wil onthou??  Wanneer jy die geleentheid kry om pragtige plekke te besoek – gaan jy dit natuurlik wil vasvang, om op ‘n later stadium met jou geliefdes te deel?  Wanneer jy dinge sien soos armoede, pyn, seer en hartseer, kinders wat swaarkry – gaan jy nie sommer jou kamera uithaal en fotos neem nie…  Leef jou lewe soos wat jy jou kamera sal gebruik…  Maak jou fokus – DIT wat belangrik is en ewigheidswaarde het…  Moenie jou tyd en energie mors, op dinge wat jou hartseer maak, of wat vir jou pyn veroorsaak nie…  Maak seker dat jy herinneringe maak, wat jou ‘n leeftyd sal hou…  Werk aan jou tekortkominge of dit waarmee jy sukkel en ontwikkel dit…  Laat God jou lei en laat Hom toe om jou die mens te maak wat Hy jou bestem het om te kan wees…  Wanneer jy dalk met teleurstelling gekonfronteer word, of wanneer die dinge nie wil uitwerk soos jy gehoop het nie – kry vir jou ‘n nuwe GAME PLAN (met God aan die stuur daarvan) en TAKE ANOTHER SHOT…  Probeer is die beste geweer!  Mens weet baie keer nie tot wat jy in staat is voordat jy dit ‘n GO gee nie…  EN deur God se liefde en krag wat in en deur jou werk, is jy tot enige iets in staat...
 
Blessings!
 
Anelli**

No comments: