Monday 28 October 2013

"Sometimes you need to do what you're afraid to do..." ~ Quotediary.me


Haloes! J
 
“Sometimes you need to do what you’re afraid to do…” ~ Quotediary.me
 
1 Chronicles 28:20
 
“David also said to Solomon his son, "Be strong and courageous, and do the work. Do not be afraid or discouraged, for the LORD God, my God, is with you. He will not fail you or forsake you until all the work for the service of the temple of the LORD is finished…”
 
Psalm 56:3-4
 
“When I am afraid, I will trust in you.  In God, whose word I praise, in God I trust; I will not be afraid. What can mortal man do to me?”
 
“When something bad happens, you have three choices…  You can either, let it define you… Let it destroy you or let it strengthen you…” ~ searchquotes.com
 
“It’s the scary choices that end up being the most worthwhile…” ~ Melissa Joy Kong
 
As jy terugdink oor die jaar wat verby is, en alles wat in jou lewe gebeur het, is dit moontlik nie presies wat jy ingedagte gehad het aan die einde van 2012 nie…  Aan die einde van ‘n jaar, is dit so lekker om te kan droom oor wat op jou wag in die nuwe jaar – dis soos ‘n VARS nuwe hoofstuk in boek…  Skoon blaaie, waarop geen merk nog gemaak is nie…  Vol geleentheid, hoop en baie keer, besit ons NUWE lewenskrag – te danke aan ‘n goeie ruskans gedurende Desember…
 
Ons het geen versekering van hoe die toekoms sal uitdraai nie…  Al waarvan ons versekering het, is WIE ons toekoms in Sy hand vashou…  Hierdie aanhaling van searchquotes.com slaan vir my die spyker op die kop!  Wanneer uitdagings oor ons pad kom, is daar 3 maniere om dit te hanteer – dit kan jou definieer (met ander woorde – jou hele lewe sal deur die uitdaging “ge-rule” word) of dit kan jou heeltemal vernietig…  Dit kan jou kom stroop van jou hoop, en jou geloof in God…  Dit kan vir jou kom vul met negatiwiteit, hartseer en gebrokenheid…  Die laaste opsie wat ons het, is dat uitdagings of moeilike dinge, ons kom sterk maak…  Hoe doen ek dit?  Deur 1 dag op ‘n slag te lewe…  Deur vir God aan die stuur van jou lewe te plaas, en Hom toe te laat om jou te lei, waar Hy jou wil hê en waar Hy jou wil gebruik…  Deur ALLES in jou lewe  in God se hand te sit en Hom onvoorwaardelik te vertrou…  Selfs al maak dinge nie vir jou lekker sin, of al kan jy nie sien hoekom sekere dinge in jou lewe moet gebeur nie – vertrou vir God…  Noag het vir God al vertrou, al het hy net droogte en dorheid gesien…  Hy was gehoorsaam deur ‘n ark te begin bou, volgens God se voorskrifte, al was daar nie ‘n beduidenis van reën nie…  Moenie so bang wees vir die verkeerde besluit, dat jy op die ou end geen besluit neem nie…  God is ALTYD net ‘n gebed ver…  En jy kan met Hom praat – anytime, anywhere…  Jy hoef nie ‘n afspraak te maak, of te wag totdat die telefoonlyn nie meer beset is nie…  God is ALTYD by jou…  En met die uitdagings wat die lewe oor ons pad stuur, sal Hy ons help om dit dag vir dag te hanteer, sodat ons sterker, meer karaktervolle mense sal kan wees…
 
Blessings!
 
Anelli**
 

No comments: