Monday 14 October 2013

"It is the possibility that keeps me going, not the guarantee..." - Nicholas Sparks

Haloes! :)
"It is the possibility that keeps me going, not the guarantee..." - Nicholas Sparks
Psalm 25:4-5
"Here, wys my die weg wat ek moet gaan, leer my U paaie... Lei my deur U waarheid, en leer my, o God is my redder... Die hele dag wag ek op U..."
1 Samuel 2:1-3
"My hart is bly in die Here! Kyk hoe het die Here my geseen! Nou kan ek my vyande antwoord terwyl ek my verbly in U verlossing... Niemand is heilig soos die Here nie! Niemand is U gelyke nie... Daar is geen rots soos ons God nie..."
"Never forget that God is your friend... And like all friends, He longs to hear what is happening in your life... Good or bad, whether it's been full of sorrow or anger, or even when you're questioning why terrible things have to happen..." - Nicholas Sparks (The Last Song)
"Regrets about the journey maybe, but not the destination..." - Nicholas Sparks (Dear John)
Waarvan is ons gewaarborg in die lewe? As jy byvoorbeeld dink aan 'n wedstryd, is daar gewoonlik 2 moontlike uitkomste - jy kan wen of verloor (en in sommige rare gevalle, kan jy gelykop speel)... Ek dink julle almal sal met my saamstem dat mens die wedstryd ingaan, nie met die hoop om te verloor of gelykop te speel nie, maar om te wen! Dis tog die rede hoekom mens deelneem - om jou vermoens te meet aan 'n opponent en in die proses te sien hoe jy vorder om uiteindelik jou drome en doelwitte te kan bewaarheid...
Wanneer ons, ons beste gee, is ons nie altyd gewaarborg dat ons sukses sal behaal nie... Waarvan ons wel gewaarborg is, is dat God saam met ons sal stap, en dat Hy ons daagliks sal voorsien van genade en krag om ons lewenspad aan te pak... Sy liefde vir jou is so oneindig groot, en Sy genade is ELKE dag vir ons nuut... Selfs al het jy op die oomblik 'n paar "verlore agter die blad - moenie moed opgee nie... Die "verlore" is die boublokke tot die suksesse van jou toekoms! Chat sommer nou daar waar jy sit met God... Se Hom wat jou bangmaak, waaroor jy droom en wat jou mismoedig maak... Hy is nooit te besig om vir jou tyd te maak nie... En Sy hoop vir jou toekoms, is groter as wat jy ooit sal kan hoop of droom!  Daar is altyd hoop vir 'n moontlikheid!  Moenie moed opgee nie!
Blessings vir jou!
Anelli**

No comments: