Sunday 6 October 2013

gebedsversoeke...

Hi julle wonderlike mense,

Nog gebedsversoeke wat deurgestuur is aan my...  Sit dit asseblief op julle gebedslysies:

1.  Anoniem:  Ek wil vra dat jy asb ‘n versoek uitstuur, ek is opsoek na ander werk en dit is op hierdie oomblik vir my baie dringend. Ek werk vir ‘n maatskappy waar daar geen ondersteuning van my baas is nie en ek voel dat dit my daagliks doodmaak. Soos wat ek nou voel is ek lus en bedank, maar ek kan nie,want ek het huur en ‘n motor om te betaal. Ons dien ‘n wonderlike God en ek weet by Hom is niks onmoontlik nie, daarom wil ek graag vra dat jy saam met my sal bid vir ‘n ander werk.

2.  Anoniem:  My skoonsussie se pa is 'n tyd terug met kanker gediagnoseer. Hulle het deur die week gehoor dat dit versprei het en dat die dokters niks meer kan doen nie. Hy is nie baie oud nie en sy eerste kleinkind is onlangs gebore. Hy is baie geliefd en 'n groot steunpilaar in sy gemeenskap en familie.  Vra asb dat die mense bid vir onderskraging en genade van Bo in die tyd wat voorle.

3.  Anoniem:  Deurbrake vir my werksomstandighede.  Ek glo God kan wonderwerke in my moeilike omstandighede verrig...

Baie dankie dat julle saambid!

Mag God julle omboul met Sy goedheid hierdie week!

anel :)

No comments: