Sunday 6 October 2013

“Life is change… Growth is optional… Choose wisely…” ~ Karen Kaiser Clark

Haloes! J

“Life is change…  Growth is optional…  Choose wisely…” ~ Karen Kaiser Clark

Jeremiah 18:1-10
 
“God told Jeremiah, “Up on your feet! Go to the potter’s house. When you get there, I’ll tell you what I have to say.”  So I went to the potter’s house, and sure enough, the potter was there, working away at his wheel. Whenever the pot the potter was working on turned out badly, as sometimes happens when you are working with clay, the potter would simply start over and use the same clay to make another pot.  Then God’s Message came to me: “Can’t I do just as this potter does, people of Israel?” God’s Decree! “Watch this potter. In the same way that this potter works his clay, I work on you, people of Israel…”

“We could never learn to be brave and patient if there were only joy in the world” ― Helen Keller

“Growth is painful…  Change is painful… But nothing is as painful as staying stuck somewhere you don’t belong…” ~ Mandy Hale

Herfs is een van my gunsteling seisoene…  Daar is iets “magicals” aan hoe die bome se blare in die pragtigste kleure verander…  Dit omskep ‘n gewone straat, in ‘n absolute kunswerk…  Net vir die bome om daarna die pragtige kleure te verloor, en heeltemal kaal en gestroop in die winter te staan…  Die winter hou egter nie vir ewig aan nie!  Wanneer die lente dan aanbreek, is dit vir my absoluut ongelooflik hoe die bome hulle blare so vinnig terugkry – dit gebeur gewoonlik so ongemerk, dat voordat jy jou kom kry, is die bome wat kaalgestroop was in die winter, vol groen blare…  Dis as’t ware asof die bome ‘n storie vertel…  Al 4 seisoene word pragtig vir ons uitgebeeld…  In die Lente en Somer, dra die bome volop blare asook blomme…  Die weer is mooi, die bome pragtig en die voëltjies chirp…  Wanneer Herfs aanbreek, verander die bome van ‘n pragtige groen blare, in bruin en rooi kleure…  Die boom begin ook sy blare afgooi, om homself voor te berei vir die koue winter wat kom…  Wanneer die winter dan aanbreek, staan die bome “kaal” teen die aanslae van die reën, wind en koue… 

Is hierdie nie baie soortgelyk aan wat ons in ons lewens ervaar nie?  Ons lewe kan opgedeel word in verskillende fases, oftewel seisoene…  Miskien voel dit tans vir jou asof jy een van die langste winters van jou lewe moet deurmaak…  Dinge bly verkeerd loop en dit voel dalk net asof niemand notisie neem nie…  DIt voel of haelbuie, reën en dalk selfs sneeu op jou toesak, en jy het geen beskerming teen dit nie…  Vir jou wat so voel, wil ek graag vandag die volgende verse gee:  Romans 5:3-5:  Not only so, but we also rejoice in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance;  perseverance, character; and character, hope.  And hope does not put us to shame, because God’s love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us… Net omdat jy nie op die oomblik die “blare” kan sien nie, beteken dit nie dat dit nie besig is om te vorm en te groei nie…  In hierdie tye wat dit voel asof jy net Winter in jou lewe ervaar, is God besig om jou te vorm, soos wat ‘n Pottebakker, klei sal vorm…  Om die seën te kan ontvang wat God vir jou bestem het, moet jy “let go” van al die bekommernis, al die dinge wat jou op die oomblik “terughou” en verhoed dat jy die mens kan word wat God jou bestem het om te wees…  Wanneer mens moeilike tye moet deurgaan, raak jy sterker…  Moeilike tye gee aan jou lewe karakter – dit gee ook aan jou uithouvermoë en FIGHT, om nie net op te gee wanneer dinge verkeerd loop nie, maar om aan te hou bid, Bybel te lees, en God te vertrou, in die tye wat dit vir jou voel asof jy op een plekkie bly draf…  Deur op een plek te bly draf, raak jy fikser, en bou jy stamina op om uit te hou, en aan te hou…  Jesus hou die bome staande – maak nie saak wat die seisoen is nie…  In die ergste reën, storms en wind, sal Hy daardie boom staande hou – omdat die wortels geanker is in die grond…  Hy sal dieselfde vir jou doen – omdat ons Sy kinders is, en ons geanker staan in Sy liefde…  NIKS, sal te groot wees vir ons om aan te pak, wanneer ons dit met God se liefde, en genade doen nie…  Jesus is by jou in hierdie week – Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag daarvoor gee (Fillipense 4:13)…

Blessings!

Anelli**

 

No comments: