Thursday 3 October 2013

Gebedsversoek

Hi julle,
 
Ek het die volgende gebedsversoek ontvang van iemand wat die gedagteki elke dag lees.  Ek wil vra dat julle asseblief vir Francois, sy vriende en familie aan ons Hemelse Pappa opdra.
 
Blessings vir julle vandag!
 
Anel
 
Gebedsversoek:
 
Ek wil graag vra of dit moontlik is dat almal saam met my kan bid vir iemand.
Francois is een van my broer se vriende en werkskollegas.
Francois was Vrydagaand in ‘n groot ongeluk en is moontlik verlam. Sy vrou en ongebore baba was ook in die ongeluk, maar wonder bo wonder is hulle ongedeerd. Ek het vanoggend die volgende boodskap van my broer gekry: “Dit klink of dit baie sleg gaan met hom hy is nou op masjiene, want hul het maandag eers agter gekom hy het inwendig ook beserings. Sy niere se werksfunksie is besig om weg te gaan en hy is op longmasjiene. Hy het ook net 10% kans om sy hande te kan gebruik. Niemand kan vir 3weke by hom gaan kuier nie net sy vrou ma en pa mag. “

Ek glo vas ons moet nog aanhou glo, al lyk dit maar donker. Dit is mos altyd die donkerste voor die son were opkom en ons dien ‘n God van WONDERWERKE
.
 
Groete,
Verona

No comments: