Monday 14 October 2013

gebedsversoeke

Hi julle almal,

Ek't weer 'n aantal gebedsversoeke gekry wat ek wil vra dat julle sal opdra saam met my.  Weet asseblief dat julle enige tyd kan deurstuur.

Mag God julle ryklik seen vandag!

blessings!

anelli**

1.  Anoniem:  Ek en my man probeer nou al vir ‘n tydjie vir ‘n babatjie…..Ek vra dat almal vir ons in die gap sal tree en bid vir Sy Hand van Guns in die area van ons lewe ook…  Ek het heelwat vriendinne wat ook ‘sukkel’…sal jy sommer dat almal bid vir vrugbaarheid en dat indien daar enige bondage is op enige plek dit verbreek moet word asb.

2.  Anoniem:  Wil net getuig van my tannie (my ma se suster) sy is 4 maande terug met breinkanker gediagnoseer graad 4 fase – Dr’s het nie baie hoop gehad nie, maar ons as familie het bly vastaan in Sy woord en bly glo aan volkome genesing. Sy het Dinsdag vir haar 3de chemo behandeling gegaan en gisternag ‘n aanval gehad, scans is gedoen en het sopas gehoor die gewas op haar brein het verdwyn, daar waar die gewas was is net ‘n gat en dit is wat die aanval veroorsaak het. Hoe wonderlik is dit nie! My oom (my ma se broer) het 3 weke terug uitgevind hy het 8 bloeiende gewasse op sy brein en is tans in ICU baie kritiek, ons het soveel hoop vir hom want God is totaal in beheer soos hy my tannie genees het kan hy dieselfde doen vir hom en enige iemand anders ons moet net nie ophou om te GLO, VERTROU & HOOP nie!  My oom is uit ICU, maar nog baie kritiek hy kry by tye wat hy niks registreer nie maar is dankbaar dat hy tans stabiel is. Ons glo aan ‘n wonderwerk dat hy ten volle sal genees! Ons vertrou ook dat my tannie wat nog kanker op haar een long het ook ten volle sal genees net soos die gewas in haar brein genees het.

3.  Anoniem:  Ek wil vra dat julle mensies sal bid vir my oom wat Donderdag met behandeling begin vir 'n breingewas.  Hy sal dan Dinsdag 'n operasie moet ondergaan.  Bid asseblief dat God die dokters sal lei, en dat Hy aan ons 'n wonderwerk sal gee.

No comments: