Wednesday 9 October 2013

“The best thing you can do in life is to follow your heart… Take risks… Don’t just take the safe and easy choices because you are afraid of what might happen… Don’t have any regrets and know that everything happens for a reason…” ~ Unknown


Haloes! J

“The best thing you can do in life is to follow your heart…  Take risks…  Don’t just take the safe and easy choices because you are afraid of what might happen…  Don’t have any regrets and know that everything happens for a reason…” ~ Unknown

Psalm 119:105-112

“By your words I can see where I’m going; they throw a beam of light on my dark path.  I’ve committed myself and I’ll never turn back from living by your righteous order. Everything’s falling apart on me, God; put me together again with your Word.  Festoon me with your finest sayings, God;
teach me your holy rules. My life is as close as my own hands, but I don’t forget what you have revealed. The wicked do their best to throw me off track, but I don’t swerve an inch from your course. I inherited your book on living; it’s mine forever—what a gift! And how happy it makes me!
I concentrate on doing exactly what you say—I always have and always will…”

“Surround yourself with the dreamers and the doers, the believers and the thinkers, but most of all, surround yourself with those who see greatness within you, even when you don’t see it yourself…” ~ Unknown

“Be real. Be you…” ~ Unknown

Wie van julle het al verdwaal in die donker?  Ek het gedurende my tweede jaar van articles, ‘n oudit in Johannesburg gehad waar ek as oudit senior moes optree…  Ek en my junior, het die Sondag middag gevlieg, omdat ek graag in die daglig daar wou aankom – sodat ek makliker ons hotel kon vind…  Dit sou die eerste keer wees wat ek in Johannesburg moes bestuur…  Ons vlug was egter vertraag, en die 4uur vlug, het op die ou end half 7 die aand geword…  Om dinge te vererger, het ons in ‘n yskoue Johannesburg geland (dit was somerJ) en hulle het probleme ervaar om bagasie van die vliegtuig tot op die bagasiebelt te kry…  Die gevolg was, dat ons ‘n uur vir ons tasse gewag het, en op die ou end, half 10 die Sondagaand, ons huurmotor gekry het…  Ek was redelik moeg,en ‘n bietjie “bang” aangesien ek, Johannesburg nou in die donker moes aanpak…  Gewapen met my GPS, het ons in die motor geklim en die pad Sandton toe aangepak…

Nou vir die van julle wat vertroud is met GPS, sal weet dat dit jou gewoonlik neem op die kortste moontlike roete, maar nie altyd die veiligste roete nie…  Lang storie kort, is dat ek met ‘n klomp “kortpaaie” deur baie gevaarlike areas gery het daardie aand…  Ek moes ‘n hele paar U-turns maak, maar ek het op die ou end my bestemming VEILIG bereik…  Wat probeer ek hierdeur vir jou se??  Die lewe loop somtyds ompaaie met ons, voordat ons by die blessings uitkom…  Maar God BELOWE in Sy woord, dat Hy NOOIT Sy oog van jou sal afneem nie…  Hy stap saam met jou – deur die donkerste nag, deur die langste dag…  Hy is ALTYD met jou…  Sy woord, is die lamp wat die Lig op jou pad sal wees…  Miskien voel jy op die oomblik so verlore, dat jy nie weet WAAR jy jouself bevind nie…  Miskien weet jy nie hoe jy jou pad terug na God gaan vind nie, omdat die afdraaie wat jou lewe geneem het, jou SO ver van God verwyder het…  Die goeie nuus vandag is dat God net ‘n gebed ver is…  Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…  Bid sommer daar waar jy nou is, dat God vir jou die pad sal wys waar jy moet stap…  Paaie wat jou nie gaan bangmaak nie, paaie wat jou partykeer moontlik gaan CHALLENGE, maar paaie waar jy God se seën en guns sal ervaar terwyl jy die pad stap wat HY vir jou bestem het…

Blessings!
 
Anelli**

No comments: