Sunday 27 October 2013

"You have to do what is right for you... No one walks in your shoes..." ~ Unknown

Haloes! J

“You have to do what is right for you…  No one walks in your shoes…” ~ Unknown

Psalms 28:7

“The Lord is my strength and my shield; in him my heart trusts, and I am helped; my heart exults, and with my song I give thanks to him…”

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart, and do not lean on your own understanding. 6 In all your ways acknowledge him, and he will make straight your paths…”

“The 3 C’s of life: Choices, Chances, Changes…  You must make a choice to take a chance or your life will never change…” ~ Unknown

“You’ve only got three choices in life: Give up, give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown

Was jy al in die situasie waar jy iemand anders se skoene moes dra?  Dit kan sommer baie ongemaklik wees, as jou voete nie dieselfde vorm, of grootte is as die person wie se skoene jy aantrek nie…  Of wanneer jy nuwe skoene koop, en dit baie styf om jou voete sit, omdat dit nog eers “uitgetrap” moet word, en die vorm van jou voete sal moet aanneem…  Partykeer sal dit meer as een keer se dra verg om “uitgetrap” te kan word ten einde gemakliker te sit aan jou voete…  Die gevolg van beide situasies, is dat jy kan blase kry, of jou voete SO stukkend skaaf, dat jy vir ‘n tyd lank ander skoene sal moet dra, sodat jou voete eers sal kan herstel…

God het aan elkeen van ons, die vermoë gegee om besluite te kan maak…  Hy het ook aan elkeen van ons, LEWE gegee…  Wat ons met die tyd doen wat aan ons geskenk is, is  “up to us”…  Partykeer, wanneer ons met GROOT dinge gekonfronteer word, en in die proses moeilike besluite moet neem, is dit baie maklik om vir MENSE rondom ons te vra – wat staan my te doen??  Of wat sou jy doen??  Watter keuse moet ek maak??  Ons raak partykeer so vasgevang in die grootsheid van die besluit, dat ons paniekbevange raak omdat ons nie weet watter keuse om uit te oefen nie…  Die realiteit is – die persoon wat namens jou kies – gaan nie die pad stap nadat die keuse uitgeoefen is nie…  Dis JY wat met jou keuses  vir jou ‘n toekoms moet bou, en wat steeds voluit aan JOU lewe sal moet leef…  God is die ENIGSTE persoon wat daagliks saam met jou sal stap…  Die enigste persoon van wie ons VERSEKER kan weet wat daar sal wees wanneer ons val, of daar sal wees om ons trane af te droog, sou ons dalk verkeerde besluite neem…  God sal dinge kan omswaai in jou guns, dat ‘n verkeerde besluit, nie noodwendig ‘n doodloopstraat sal wees nie, maar slegs ‘n “detour” na jou eindbestemming…  As jy nie weet watter kant toe nie, of wat om te doen nie, gaan op jou knieë…  God sal vir jou sorg!!  Trek jou eie skoene aan – en stap met volharding die pad waar God jou lei om te stap…  Maak besluite vir JOU - dinge wat JOU gelukkig sal maak...  Dis JY wat op die ou end met jou besluite moet saamleef - nie al die mense wat so baie te se het oor jou lewe nie...  God sal jou deur die “uittrap van skoene” fase help, sodat jy al die blessings wat Hy vir jou in store het, sal kan ontvang!

Blessings!

Anelli**

 

 

No comments: