Haloes!
J
“You’ll
never be brave if you don’t get hurt…
You’ll never learn if you don’t make mistakes… You’ll never be successful if you don’t
encounter failure…” ~ Unknown
Jeremiah
32:27
“See, I am the Lord, the God of all
flesh; is anything too hard for me?”
Matthew
6:8b, 31-34
“Your father knows what you need
before you ask him. So do not worry, saying 'What shall we eat?' or 'What shall
we wear?' For the pagans run after all these things, and your heavenly Father
knows that you need them. But seek first his kingdom and his righteousness, and
all these things will be given to you as well. Therefore do not worry about
tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Today's trouble is enough for
today…”
“Keep your thoughts positive because
your thoughts become your words… Keep
your words positive, because your words become your behaviour… Keep your behaviour positive, because your
behaviour becomes your habits… Keep your
habits positive, because your habits become your values… Keep your values positive, because your
values, become your destiny…” ~ Mahatma Gandhi
“H.O.P.E – Hold on, pain ends…” ~
Unknown
Ek’t ‘n
pragtige storie om met jou te deel vandag… Dis ‘n forward email wat ek ontvang
het, wat ‘n gedagteki op sy eie is…
Jesus het jou BAIE lief! En dit
wat IN jou is, maak van jou die mens wat jy is… God weet wat jy nodig het, nog
voordat jy dit van Hom vra – en Hy wil JOU gebruik, foute en al… Want ons waarde lê nie in ons “perfektheid”
nie… Maar in die liefde wat God vir ons
het en die feit dat Hy elkeen van ons gebruik NES ons is… Jy, met ALLES in jou is ONMENSLIK spesiaal... God het jou met 'n baie spesifieke doel en plan geskape en wil jou gebruik... Elkeen van ons het ander dinge wat jou uniek maak en saam vorm ons almal die Liggaam van God...
“Dit is 'n
pragtige winters oggend in Mosselbaai. Ek sit op 'n rots ek woel my vingers
deur die miljoene skulpies op die strand. Die kinders speel net 'n entjie
vêrder en terwyl ek hulle dophou voel ek hoe die vrede van die omgewing oor my
spoel. Die seelug is verbasend warm en die klanke van laggende kinders,
sagte branders en 'n skertsende seemeeu vul die stiltes. ‘n Opgewonde labrador
kom verby gebons en spring pens en pootjies binne-in 'n rots poel. Terwyl ek
die bedrywighede op die strand dophou, maak ek 'n hand vol perfekte klein
skulpies bymekaar. Hulle is nog nie stukkend gemaal deur die branders of
verweer deur die son en sand nie. Die kinders kom nader gehardloop en my
dogtertjie gee vir my 'n hand vol skulpies om te hou. Ek vou my hand oop
en kyk na dit wat sy bymekaargemaak het. Daar is miskien een heel
skulpie, die res is stukkend. Party is verbleik deur die son en ander is
glad gemaal deur die die golwe. “Kyk mamma!" sê sy, terwyl sy die skulpies
een vir een op die rots langs my pak. “Hierdie twee is pienk, dis my beste
kleur. Die drie oranje skulpies is vir my niggies. Hierdie enetjie is grof soos
pappa se baard en die wittetjie is sag soos jy. Die bloue is vir
boetie want dis sy beste kleur."Sy hou 'n verbleikte verweerde
stukkie skulp teen die lug en sê "Hierdie ene is die mooiste… " Het
jy gesien dis 'n hartjie mamma? "
Ek dink die see maak partykeer hartjies van stukkende skulpies en dan
tel mense dit op en dan onthou hulle dat Jesus vir hulle lief is." Sy draai om en hardloop terug strand
toe. Ek kyk haar agterna terwyl ek my
hand vol perfekte skulpies oopvou… Waarom streef ons so na perfektheid as dit
in werklikheid nie bestaan nie?
Ons sloof onsself daagliks af om te bou aan die illusie van 'n perfekte prentjie, die perfekte huis, die perfekte kinders om maar net oor en oor teleurgestel te word deur die onbereikbare leegheid daarvan.Dis asof niks in die wêreld mens vervul nie. Die woord praat egter van 'n geskenk, 'n heerlike geheimenis waar daar perfekte vervulling is: Kol 1:27… God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Ons geskenk is die teenwoordigheid van Christus in ons. Dis so groot dat ons dit nie eers kan begin om dit werklik te verstaan nie. Ek het eendag die volgende verduideliking gehoor: Die geskenk van Jesus Christus in ons is soos om 'n diamantring in 'n checkers sak toe te draai. Die verpakking verminder nie die waarde van die inhoud nie.Om Christus in ons te hê, verander nie wie God is nie, maar dit verander wel wie ons is. Dit verander wat ons doen, hoe ons praat en waarheen ons op pad is. Ek kyk weer na my hand vol perfekte skulpies en ek gooi hulle oor my skouer. My dogtertjie se verweerde en vernielde skulpies het soveel meer waarde as 'n hand vol perfekte skulpies. Haar skulpies het betekenis en vertel 'n storie van die liefdes in haar lewe.Net so is ons, met ons tekortkominge en foute baie meer werd omdat Jesus Christus in ons woon. Ten spyte daarvan dat ons deur die lewe verbleik en verweer is, vertel ons ook 'n storie. Die mooiste storie oor oneindige liefde en 'n Man van Nasaret wat die dood oorwin het en wat die wêreld se hoop is op heerlikheid!”

Blessings!
Anelli**
No comments:
Post a Comment