Wednesday 2 October 2013

“Difficulties in your life don’t come to destroy you, but to help you realize your hidden potential…” ~ Unknown

Haloes! J

“Difficulties in your life don’t come to destroy you, but to help you realize your hidden potential…” ~ Unknown

Psalm 46:10

“Be still and know that I am God…”

Ephesians 3:20-21

“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, 21 to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”

“If there is one thing I’ve learned in life, it’s to fight…  Fight for what’s right…  Fight for what you believe in, what’s important to you…  But most importantly, fight for the one you love and never forget to tell anyone how much they mean to you, while you are still alive…” ~ Unknown

“You were given this life, because you are strong enough to live it…” ~ Unknown

Iets om oor na te dink...  Omdat ek 'n veearts is, is ek geroep om die tien jaar oue Ierse wolfhond Belker te ondersoek. Die hond se eienaars, Ron en Lisa en hulle seuntjie, Shane, was almal baie lief vir Belker en het op 'n wonderwerk gehoop. Ek het Belker ondersoek en gevind hy is besig om dood te gaan. Ek het die familie gesê ek kan niks meer vir hom doen nie en het genadedood voorgestel.Ron en Lisa het gesê hulle dink dit sal goed wees as die sesjarige Shane ook die ondervinding kan meemaak en dat hy dalk iets daaruit sal leer. Die volgende dag was ons bymekaar om die prosedure by hulle huis te doen. Shane was kalm en het die ou hond vir die laaste keer gevryf. Ek het gewonder of hy verstaan wat aangaan. Binne 'n paar minute het Belker sag heengegaan. Die seuntjie het gelyk of hy Belker se heengaan sonder moeite of verwarring aanvaar. Ons het almal 'n paar oomblikke bly sit en gedink hoe jammer dit is dat diere korter lewe as mense. Shane het skielik gesê 'Ek weet hoekom.  'Ons het almal na hom gekyk. Wat uit sy mond gekom het, het my verstom. Ek het nog nooit 'n meer vertroostende verduideliking gehoor nie. Hy het gesê: 'Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe soos om almal altyd lief te hê, nè?  Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.  'LEEF SOOS 'N HOND...  ~ Forward email storie

Hoe meer ek hieroor nagedink het, hoe meer het dit vir my absoluut duidelik geword...  Honde LEEF voluit...  As hulle hul liefde aan hul base bewys, doen hulle dit met oorgawe...  Hulle sal nooit wanneer hulle jou sien aankom, NIE hul stert swaai nie...  Hulle eet met oorgawe - hulle geniet elke stukkie kos / koekies of bederf wat na hul kant toe kom, asof dit die HEEL eerste keer is wat hulle daarmee geseën word...  Ons raak so gewoond aan mense in ons lewe, en dat ons dink dat hulle altyd daar sal wees, dat ons hulle nie altyd herinner dat hulle saakmaak nie...  As ons 'n slegte dag het, sal ons nie sommer sonder rede skielik bly lyk, wanneer ons iemand sien vir wie ons liefhet nie...  Ons jaag - ons sal nie net stilsit - by ons "Baas" wat ons oneindig liefhet, (God) se voete, wanneer ons 'n slegte dag gehad het, en wanneer ons net bietjie "comfort" en liefde nodig het nie...  Ons sal jaag om die dag om te kry, en tog net te gaan slaap,dat ons more weer van voor af kan begin...  Ons kan baie leer by honde...  Onvoorwaardelike liefde, soos die seuntjie in die storie terreg uitgewys het...  Om seker te maak dat die mense in ons lewe WERKLIK weet hoeveel hulle saakmaak, deur dit te wys...  Om jou "Baas" (God) te vertrou - in alles, en deur alles wat jy aanpak...  Soos hierdie aanhaling ook hierbo sê - God laat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet...  Vir alles wat jy mis, sal Hy jou seën met iets anders...  Ons moet net ons uitkyk verander, dat ons nie fokus op dit wat ons mis nie, maar dit wat ons in die proses ontvang het...   Die moeilikhede wat somtyds oor jou lewenspad kom, is partykeer net om 'n "eye-opener" te wees ten einde jou verborge sterkpunte te identifiseer... Wees weer dankbaar, vir klein goed (soos ek gister gesê het)...  Raak weer opgewonde oor goed waaraan jy dalk al "gewoond"  geraak het...  Goed waaroor ander net kan droom, wat jy dalk al as vanselfsprekend aanvaar...  Mag jy vandag 'n "Hond" as voorbeeld onthou wanneer die lewe jou wil onderkry...  En mag jou dag vol van God se groot liefde, en baie genade en seën wees!!

blessings!

Anel**

No comments: