Wednesday 16 October 2013

"Life is what happens to you while you are busy making other plans..." - Allen Saunders

Haloes! ;)
 
 
"Life is what happens to you while you are busy making other plans..." - Allen Saunders
 
 
Deuteronomium 31:6
 
 
"Wees sterk en hou goeie moed... Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal saam met julle wees... Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie..."
 
 
Lukas 1:37
 
 
"Want niks is vir God onmoontlik nie..."
 
 
"What's meant to be, will always find a way..." - Trisha Yearwood
 
 
"It's not the load that breaks you, it is the way you carry it..." - Lou Holtz
 
 
Het jy al ervaar dat jy 'n volbeplande week gehad het, met afsprake, werk, vriende, gesinsdinge ens, net vir die week om totaal en al op sy kop gedraai te word deur iets wat gebeur, wat dinge totaal en al anders laat gebeur as wat jy gehoop het?  Dinge waarna jy uitgesien het, moet somtyds 'n agtersitplek inneem omdat die uitdagings wat oor jou pad kom, onmiddellike aandag nodig het...  Partykeer gebeur dit juis gedurende weke wat jy nie tyd of die nodige krag of tyd het om dit te hanteer nie...
 
 
Wat kan mens doen in sulke omstandighede? Ek het al gevind dat al wat mens kan doen, is om die dinge wat gebeur vierkantig in die oe te kyk, en 'n plan van aksie te kry... Partykeer moet mens net jou kop afsit en doen wat gedoen moet word... Dis soos om 'n pleister af te trek - hoe stadiger jy dit doen, hoe langer gaan jy die seer uit rek. Wat jy kan WEET in sulke omstandighede, is dat die Here challenge ons nie tot breekpunt nie, net tot groeipunt... Daar is geen situasie wat jy nie met behulp van Sy krag en liefde sal kan aanpak nie... Wanneer die dag langer is as wat jy hoop en die uitdaging groter is as wat kan face, weet dat God by jou is...  Hy sal jou NOOIT verlaat en jou NOOIT in die steek laat nie... Sit jou hand in God sin, Hy sal jou nooit los nie - en Hy sal jou help om enige iets wat jou kant toe kom, vir 'n ses te slaan...  Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe uit...  Mag die Here jou seen en jou beskerm...  Mag die Here tot jou redding verskyn en jou genadig wees...  Mag die Here elkeen van jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee...
 
Blessings!
 
 
Anel
 

No comments: