Wednesday 9 October 2013

“Being happy doesn’t mean that everything is perfect… It means that you’ve decided to look beyond the imperfections…” ~ Unknown


Haloes! J 

“Being happy doesn’t mean that everything is perfect…  It means that you’ve decided to look beyond the imperfections…” ~ Unknown

Isaiah 43:1

“But now, this is what the Lord says— he who created you, Jacob, he who formed you, Israel: “Do not fear, for I have redeemed you;  I have summoned you by name; you are mine.
When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers,
they will not sweep over you.  When you walk through the fire, you will not be burned;
the flames will not set you ablaze. For I am the Lord your God,  the Holy One of Israel, your Savior;
I give Egypt for your ransom, Cush and Seba in your stead…” 

Numbers 6:24-26

The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you;
 the Lord turn his face toward you and give you peace.”’

“You were given this life, because you are strong enough to live it…”  ~ Unknown

“Be strong… because things will get better…  It may be stormy now, but it never rains forever…”  ~ Unknown

Gary Kieswetter (my dominee) het gesê, God wat vooruitsien, sal vir jou voorsien…  Wat sien jy as dink aan jou toekoms?  Sien jy hoop?  Sien jy drome wat vervuld word?  Of kyk jy met oë wat vasgevang is in jou verlede??  Sien jy hoe die verlede homself herhaal?  Sien jy donkerte, vrees, hartseer, pyn en onsekerheid?

Jesus het gekom en vir elkeen van ons ‘n nuwe begin kom gee, die dag wat Hy vir ons aan die Kruis gesterf het…  Ons lewe is soos ‘n storieboek…  Miskien ervaar jy dat jy tans op ‘n plek is waar jy nie hou van die storie wat jy lees nie…  Miskien kan jy nie eens onthou waar die dinge verkeerd begin loop het nie…  Of miskien het jou storie afgesaag en saai begin word, omdat jy opgehou het om werklik VOLUIT te lewe…  Die goeie nuus is, dat jy ENIGE dag die hoofstuk kan laat eindig, en begin skryf aan ‘n nuwe ene…  Een waar jy lewe met verwagting, en die hoop en genade wat God aan jou op ‘n daaglikse grondslag gee, aangryp met 2 hande…  Gary Kieswetter het ook gesê – Grace has no strings attached…  God gee ELKE dag aan ons splinternuwe krag, en moed om die nuwe dag aan te pak…  God gee verseker nie vir ons iets, sodat Hy iets uit die deal kan kry nie…  Ons ontvang Sy onverdiende goedheid, omdat Hy ons liefhet…  Omdat Hy ons uitgekies het, en omdat HY vir ons drome en ideale het, sodat ons STORIE, ‘n inspirasie vir die mensdom kan wees…  Indien jy vandag moet sterf – wat gaan mense van jou onthou?  Wat laat jy agter?  Dis nogals iets waaroor mens nie sommer dink nie…  Ek wil jou uitdaag dat jy SO moet leef, dat wanneer jy die dag sterf, die wêreld ‘n armer plek sonder jou sal wees…  Dat jy mense SO sal inspireer, en moed inpraat, daar sal wees wanneer ander jou nodig het, dat jy jou medemens se lewe sal verryk net om DAAR te wees…  God het vir elkeen van ons ‘n PLAN en HOOP, sodat ons elke dag met VERWAGTING kan lewe…  Gee al jou ambisies, hoop en planne oor in God se hande…  Wanneer ons Hom aan die stuur van ons lewens sit, kan ons nie anders as om in die regte rigting te beweeg nie…  Mag God jou vandag seën!

Blessings!

Anelli**

No comments: