Wednesday 30 October 2013

gebedsversoeke



Haloe julle!

 

Hier is weer 'n paar gebedsversoeke wat ek wil vra dat julle sal saambid voor:


1.  Anonieme persoon het gevra dat ons vir hul ma bid.  Sy is die mees ongelooflikste vrou, met woema en ‘n “zest for life” soos geen ander  - altyd positief en sien net die mooi in almal raak – ‘n ware herion in my oë.  Sy het ongelukkig ‘n kroniese long siekte wat haar vreeslik agteruit laat gaan en swak maak (nog nooit het sy aan ‘n sigaret geraak nie) – dit gaan die einde van haar beteken oor ‘n paar jaar, maar ek glo in God se krag en dat daar ‘n wonderwerk sal gebeur. 

 

2. Anonieme persoon het gevra dat ons moet bid vir 'n verhouding wat ten einde geloop het.  Die persoon is steeds baie lief vir hul ander helfte, en wil he ons moet bid vir hulle.

 

3.  Anonieme persoon:  Oom wat in die hospitaal is, wat breingewas operasie ondergaan het.  Bid vir 'n volledige herstel, en dat die kopsere sal verdwyn.

 

4.  Anonieme persoon:  Iemand se suster is met kolonkanker gediagnoseer, en word vandag geopereer.  Dra haar asb op aan God, dat Hy sal voorsien.  Kom ons gee haar volkome oor in God se hand.

 

5.  Anonieme persoon:  Iemand wat verskriklik sukkel met hoofpyne wat nie wil weggaan nie.  Toetse van dokters lewer niks op nie.  Bid asb dat dokters sal kan vasstel wat aangaan en dat die persoon ten volle genees sal word.
 
Ons vra al hierdie dinge van God, nie omdat ons dit verdien nie, maar alleen uit Sy groot genade...  Mag God se wil geskied in elkeen van hierdie mense se lewens...

Mag julle 'n baie geseende daggie he!!!

blessings!

anel**

 
 

No comments: