Thursday 31 October 2013

“Today is the oldest you have ever been and the youngest you will ever be…” ~ Unknown


Haloes! J

“Today is the oldest you have ever been and the youngest you will ever be…” ~ Unknown

Acts 2:28

“You have made known to me the paths of life; you will fill me with joy in your presence…”  

Ephesians 3:20-21

“Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen…”

“Courage doesn’t mean you don’t get afraid…  Courage means you don’t let fear stop you…” ~ Bethany Hamilton

“When we are weak, God will shine His strength through us…” ~ Bethany Hamilton

Hierdie aanhaling was vir my priceless!  Vandag is die oudste wat jy nog ooit was, maar dit is ook die jongste wat jy vir die res van jou lewe sal wees J  Ek hou van verjaarsdae…  Dis vir my fantasties dat God ‘n HELE dag vir jou as mens uitgesit het, wat tot beskikking is om jou lewe te CELEBRATE…  Dis nie noodwendig die jare wat jy moet tel nie, maar die feit dat jy lewe, en dat jy in die hier en nou iets kan beteken vir die wêreld…  Elkeen van ons is met ‘n spesifieke doel deur God geskape…  Soos wat ‘n koek, sekere bestandele nodig het ten einde ‘n KOEK te wees, so is ELKEEN van ons nodig om die Liggaam van Christus te vorm…  Sonder een van ons, sal dit wees soos om ‘n koek sonder meel of eiers te bak…  Dit sal een groot flop wees…

Miskien het hierdie wêreld met sy negatiweit en sinisme, jou kom oortuig dat die wêreld jou nie nodig het nie, of dat jy dalk nie onmisbaar sal wees, as jy nie meer daar is nie…  Miskien voel jy op moedverloor se vlakte, omdat dit vir jou voel of jou gebede teen die dak vasgaan en jy nog nie weet WAAR en HOE God jou wil gebruik, of HOE jou lewe gaan uitdraai nie…  Hou aan bid, hou aan vra…  God het jou nie toevallig op hierdie aardbol laat verskyn nie – jy is deel van Sy koninkryk, en liggaam van Christus…  Soos ons aardse liggame ook is – moet al die organe, bloedvate en hartklop saamwerk vir die liggaam om te leef…  Miskien voel jy vandag of jy nêrens inpas nie en dat jy net nie meer die punt sien nie…  God sal jou wys wat die punt is – al wat jy moet doen is om Hom daarvoor te vertrou…  Jeremiah 29:11 – For I know the plans I have for you – plans to give you hope and a future!  Hierdie vers is nie net vir “sekere mense” van toepassing nie…  Dis vir ELKEEN van ons wat bely dat ons kinders van God is…   Dis altyd te vroeg om moed op te gee…  Raak stil by jou Hemelse Pappa en laat Hom toe om jou te dra waar jy nie verder kan nie, te lei waar jy geen pad kan sien nie, dat Hy jou gebroke hart kan heelmaak en jou seën met alles wat Hy vir jou het!   Moenie vaskyk in alles wat verkeerd is nie – plaas jou fokus op God… NIKS, maar NIKS is vir Hom onmoontlik nie…

Blessings!

Anelli**

No comments: