Sunday 13 October 2013

"Without suffering, there would be no compassion..." - Nicholas Sparks (A walk to remember)

Haloes! ;)

"Without suffering, there would be no compassion..." - Nicholas Sparks (A walk to remember)
Josua 1:9

"My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees... Moenie bang of huiwerig wees nie... Die Here jou God is saam met jou in alles wat jy doen..."

Efesiers 6:10-11; 14-18

"Ten slotte, vind julle krag in julle verhouding met die Here, ja, in die krag van Sy sterkte...  Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se wapenrusting aantrek... Staan dus vas met die waarheid as 'n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan... Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig, soos skoene aan julle voete...  Daar onder alle omstandighede julle skild van geloof... Dit kan die brandpyle blus wat die bose afskiet...  Gebruik God se verlossing as helm om julle koppe te beskerm en as swaard, die Gees, dit is God se woord...  Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees, julle elke keer in gebed lei..."

"You always have a choice... It's just that some people make the wrong one..." - Nicholas Sparks (The guardian)

"In the end, you should always do the right thing, even if it's hard..." - Nicholas Sparks (The Last Song)

Ek was die naweek by 'n buitelug troue, wat plaasgevind het, onder 'n lowergroen boom in God se pragtige natuur...  Tydens die seremonie het daar 'n klein takkie in my skoot geval... Ek het met dit sit en speel in my hande, en op die ou end die klein takkie in 2 gebreek...  Toe ek kyk HOE hy gebreek het, was ek verwonderd om te sien dat alhoewel hy ongelyk gebreek het, ek die gebreekte punte perfek kon las, en dat dit gelyk het, of ek steeds 'n heel takkie in my hande gehou het...

Ons lewens is vir my soos hierdie takkie...  Gebeurtenisse in ons lewens kan maak dat ons wegbeweeg van God (soos die takkie wat uit die boom geval het)... Toe die takkie op sy eie moes "survive", het dit tot gevolg gehad dat hy gebreek was en nie meer die takkie was wat eens op 'n tyd deel was van 'n pragtige boom nie...  Maar God kan enige stukke weer saamvoeg om "heel" te wees... Selfs al kan ons nie sien hoe uitkoms in ons lewens sal kan kom nie - God en Sy woord is die gom wat ons lewens weer kan heelmaak, en purpose gee... Soos ons hierbo in Efesiers sien, het ons daagliks God se wapenrusting wat ons sal lei en beskerm teen die storms wat partykeer so onvoorspelbaar in ons lewens losbars...  Moenie bang wees as jy dalk jou pad verloor het, of as jy dalk ver voel van God op die oomblik nie...  Hy staan reg om jou 'n nuwe begin te kom gee - wat jou soos 'n splinternuwe takkie sal laat groei, sodat jy pragtige blomme of blare kan dra... Al wat jy moet doen, is om te bid en te vertrou dat God vir jou sal kom sorg vir deurbrake... Jy't niks nodig om te kan bid nie - net jouself en 'n gewillige hart. God luister - Hy staan reg om jou genadig te wees, om die stukke van jou lewe weer bymekaar te sit en te sorg vir die deurbrake om vir jou die lewe te kan gee, wat Hy jou bestem het om te leef!

Blessings!

Anelli*

No comments: