Monday 7 October 2013

“We gain strength, courage and confidence by each experience in which we really stop to look fear in the face… We must do which we think we cannot…” ~ Eleanor Roosevelt

Haloes! J

“We gain strength, courage and confidence by each experience in which we really stop to look fear in the face…  We must do which we think we cannot…” ~ Eleanor Roosevelt

Jeremiah 32:27

“Behold, I am the LORD, the God of all flesh; is anything too difficult for Me?”

Isaiah 12:2

“Behold, God is my salvation; I will trust, and not be afraid: for the LORD JEHOVAH is my strength and my song; he also is become my salvation…”

“No matter how many mistakes you make, or how slow you progress, you are still way ahead of everyone who isn’t trying…” ~ Unknown

“If nothing ever changed, there’d be no butterflies…”  ~ Unknown

Ons dominee het Sondag die treffendste beeld gebruik…  Ek is seker dat baie van julle by die see was en in die see geswem het…  Wat sal gebeur as jy jou rug op die see draai, en op die sand fokus?  Wel, die kans is baie groot dat ‘n brander jou van agter sal oorval, wat moontlik tot die gevolg sal hê dat die water jou sal omslaan?!  As jy nie vinnig genoeg opstaan en jouself uit die voete maak nie, kan jy dalk brander op brander moet oorleef, terwyl jy “face down” in die sand lê…  Die engiste manier hoe jy gereed sal wees vir die water wat kom, is wanneer jy jou gesig en jou fokus op die water stel, eerder as die hoop sandkorrels…

Met vrees is dit presies dieselfde…  Jy gaan nie jou vrees kan hanteer, of verwerk, indien jy dit nie in die oë kyk nie…  Baie keer leef mens in “denial” oor dinge wat jou bangmaak…   Jy vee dit onder ‘n matjie in, en sê vir jouself dat dit jou nie pla nie…  In werklikheid, is dit egter iets wat jou vreesbevange maak, en somtyds verhoed dat jy die lewe kan leef wat God vir jou wil hê…  So iets wat aan jou vreet, tap jou emosioneel, geestelik wat weer daartoe lei dat jy fisies uitgeput is…  Hoe kan ek dinge wat my bangmaak (siekte, omstandighede by die werk, onsekerheid, liefdesprobleme of teleurstellings, gebroke harte, gebroke finansies, pyn, of verlies), in die oë kyk?  Deur gewapen te wees met God se woord, omring te wees met God se genade en liefde, en om te volhard in gebed…  Die duiwel gaan altyd probeer om jou te oortuig dat jy nie goed genoeg, slim genoeg, mooi genoeg of genoeg waarde het nie…  Wat die dominee ook gesê het, is sodra jy hom toegang tot jou lewe gee, om jou af te breek, is dit soos ‘n swart kol op ‘n wit papier…  Die duiwel sal weet hy’t ‘n target, en hy sal die dinge waaroor jy vrees, of waarmee jy sukkel, gebruik om jou “te target” en jou op daardie manier aan te val…  God het die duiwel gelukkig LANKAL oorwin aan die Kruis…  En Hy sal jou NOOIT, maar NOOIT los nie…  Hou jou oog gevestig op Jesus…  Lê die dinge waarmee jy sukkel by die Kruis en Jesus se voete neer…  Bid daaroor, en vra iemand om saam met jou te bid, as dit vir jou voel of jy teen die dak vasbid…  Maak tyd vir God se woord, sodat jy kan hoor wat dit is wat God vir jou wil sê…  Kyk op vandag – Jesus sal jou help om elke brander wat jou kant toe kom, soos ‘n “pro-surfer” te ry…

Blessings!

Anelli**

No comments: