Monday 21 October 2013

“Life is like a hourglass… Eventually, everything hits the bottom and all you have to do is wait it out until someone comes along and turns it around…” ~ Unknown


Haloes! :)
 
“Life is like a hourglass…  Eventually, everything hits the bottom and all you have to do is wait it out until someone comes along and turns it around…”  ~ Unknown
 
Proverbs 18:10
 
The name of the Lord is a strong tower; the righteous run into it and are safe…
 
Isaiah 40:28-31
 
Do you not know? Have you not heard? The Lord is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He will not grow tired or weary, and his understanding no one can fathom. He gives strength to the weary and increases the power of the weak. Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.
 
“In the book of life, the answers aren’t in the back.” ― Charlie Brown
 
“Don’t lose hope…  When the sun goes down, the stars come out…” ~ Unknown
 
Ek is seker daarvan dat baie van julle al 30 Seconds gespeel het?!  Vir die van julle wat nie weet wat dit is nie – dis ‘n bord-speletjie, waar jy 30 sekondes het, om 5 woorde te beskryf aan ‘n spanmaat, sonder om die woord te gebruik wat op die kaartjie staan, terwyl ‘n uurglasie 30 sekondes aftel…  Bv die woord Kaapstad, kan ek beskryf deur te sê – “Plek waar Tafelberg, Robbeneiland ens aangetref sal word.  Die aantal begrippe wat julle as span dan kon verduidelik en regkry, sal die aantal “plekke” wees wat jy kan aanskuif op die speletjie bord…  Mens besef wanneer jy 30 sekondes het, HOE kort tyd eintlik is…  Want dis baie keer nie ‘n gebrek aan kennis wat maak dat jy deur die kaartjie kan draf nie, maar ‘n gebrek aan tyd…  Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar – as jy nie die woorde ken op die kaartjie nie, en nie ‘n benul het hoe om dit te verduidelik aan ‘n spanmaat nie, kan 30 sekondes, soos 30 ure voel J  Al waarvoor mens dan kan hoop, is dat die ander span ook ‘n moeilike kaartjie moet kry, en jou span sal kan “opmaak” in die volgende rondte…
 
Die uurglas word elke dag omgedraai in ons lewens…  Ons word elke oggend wakker met 86,400 sekondes – 'n NUWE DAG en nuwe geleenthede wat vir ons lê en wag…  Party dae, is die uitdagings egter baie meer as die geleenthede…  Sulke dae, is dit partykeer baie moeilik om te kan raaksien HOE ons as oorwinnaars uit daardie dag sal kan stap…  Want maak nie saak watter kant toe ons draai nie, daar word ons gekonfronteer met ‘n berg – so hoog dat ons nie kan sien wat aan die ander kant van die berg vir ons wag nie… Ek dink dat ons party dae, “gestrand” is op een plek, omdat God ons bewaar teen die aankomende verkeer!  God weet wat ons nodig het, en wanneer ons dit nodig het…  Moenie mismoedig word, as dit vir jou voel of jy op een plek bly draf nie…  God is wel besig om jou fiks te maak en uithouvermoë te gee in die proses, sodat jy die dag van môre met nuwe hoop, ywer en krag sal kan aanpak…  Miskien lyk dinge vandag donker, onseker of miskien is jy bang, en kan jy nie sien hoe jy deur die uitdagings, probleme, hartseer, pyn of onsekerheid sal kan kom nie…  My liewe vriende – God sal môre weer die uurglas vir jou omdraai, sodat jy met NUWE hoop kan probeer…  Partykeer sê God “NEE” omdat jy beter verdien…  Omdat jy meer werd is, en omdat Hy iets BAIE beters vir jou “in store” het…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou, en getrou by Sy beloftes sal wag…  Hy sal jou NIE teleurstel nie…  Byt vas – en hou goeie moed!  Die lewe gebeur net 24uur op ‘n slag – sorg dat jy die 86,400 sekondes sal LEEF, met alles wat in jou is…  God is by jou – en Hy sal jou nie ‘n oomblik alleen los nie…
 
blessings! 
 
Anel
 

No comments: