Thursday 3 October 2013

"When life is too hard to stand, kneel..." ~ Unknown


Haloes! J

 

“When life is too hard so stand, kneel…” ~ Unknown

 

Psalm 28:7

“The Lord is my strength and my shield…”


Psalm 34:18

 

“The Lord is close to the broken-hearted, and saves those who are crushed in spirit…”

 

“It is impossible to live without failing at something, unless you live so cautiously, that you might as well not have lived at all – in which case you fail by default…” ~ JK Rowling

 

“Every weakness is an opportunity for God to show His strength in your life…” ~ Based on 2 Corinthians 12:9

 

Het jy ‘n spesifieke “plan vir jou lewe”? ’n Een-jaar plan / 10 jaar plan? Het jy ’n spesifieke doelwit dat jy weet waarheen jy werk, of waarheen jy oppad is? As ek dink aan werksdae wanneer ek baie dinge het wat gedoen moet word – hoe pak ek dit aan dat ek effektief werk, en goeie vordering maak? Wat ek doen, is om vir my ’n daaglikse “to do list” op te stel, en dan te probeer om so ver as moontlik dit na te volg en die take wat ek vir my uitgesit het, te voltooi. Dan kan ek sien dat ek vordering maak, deur die take “af te merk” soos ek dit voltooi het… Ek het ’n einddoel vir my vasgestel, en ek weet waarheen ek werk…

God het ’n spesifieke plan vir jou lewe… Al voel dit party dae vir jou asof daar geen punt is om so te moet sukkel, of as “Die Lewe” jou net onderkry met dinge wat gebeur nie… Vir jou om die ultimate geseende lewe te he, sal wees om JOU plan vir jou lewe, met God se plan vir jou lewe te “align”… Wanneer ons in God se wil loop, is daar GEEN beperking op die seën wat Hy vir jou het nie… Mense in ons lewens, en die wereld, het baie verskillende opinies… Wanneer jy sukkel om ’n besluit te maak, is dit maklik om ander mense se raad te wil vra… Die probleem hiermee is net – dit wat goed is vir iemand anders, is nie noodwendig goed vir jou nie! Jy sal weet wat jy moet doen – daardie stemmetjie in jou binneste sal vir jou se… BID oor jou lewe… Plaas jou lewe op ’n daaglikse basis in God se hand, en bid dat Hy aan jou sal wys wat Hy vir jou beplan het…

 

Vir jou wat met baie onsekerheid in jou lewe sit – bid hierdie gebed vanoggend: “Here, Jesus… U ken my deurmekaar gemoed vanoggend… U weet dat ek nie altyd weet watter keuses om te maak nie… U weet dat ek met soveel twyfel tans in my lewe sit… Maar Here, ek wil vanoggend kom dankie se – te midde van al hierdie onsekerheid wat ek ervaar, dat ek kan WEET dat U vir my GOEIE goed beplan, en nie slegte goed nie (soos daar staan in Jeremia 29:11)… Ek bid dat U ELKE dag my voete sal laat loop op die pad wat U vir my uitgesit het. Dat U my hart, en kop sal leiding gee oor hoe ek my dae moet spandeer, aan wie ek moet tyd spandeer, en waar ek moet wegbly… Dat U my sal help om die regte besluite te maak, my vrede in my hart sal gee daaroor, en dat U my sal bewaar van alle gevaar wat moontlik oor my pad kan kom… Dankie so baie, Liewe Jesus, dat ek kan weet dat U my nou gehoor het, en dat ek my nie verder hieroor hoef te bekommer nie. Ek loof U vir U grootheid! Dankie dat U elke dag saam met my stap!

 

Blessings,

 

Anelli**

No comments: