Thursday 17 October 2013

"Nothing worthwhile is ever easy - remember that..." - Nicholas Sparks (Message in a bottle)

Haloes! ;)
 
 
"Nothing worthwhile is ever easy - remember that..." - Nicholas Sparks (Message in a bottle)
 
 
Jakobus 5:13;17
 
 
"Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou daaroor... En die van julle wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie... Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige uitwerking..."
 
 
Jesaja 44:1-3
 
 
"Maar luister nou mooi My dienaar Jakob (sit jou eie naam in), wat Ek gekies het. Dit is wat die Here se, Hy wat jou gevorm het, wat jou gevorm het in jou moeder se skoot, en jou nogsteeds help. Moenie bang wees nie. Want Ek sal jou water gee, genoeg om jou dors te les en jou droe lande nat te lei... Ek sal my Gees op jou kinders uitstort, en my seeninge op jou nakomelinge..."
 
 
"God will never give you anything you cannot handle, so don't stress..." - Kelly Clarkson
 
 
"When you are struggling with something, look to all the people around you and realize that every single person you see is struggling with something, and to them, it's just as hard as what you're going through..." - Nicolas Sparks (Dear John)
 
 
Everyone of us are fighting some kind of battle...  Dis iets wat ek op 'n daaglikse grondslag probeer om te onthou...  In 'n mens se skool- en werkplek word mens met alle tipe persoonlikhede gekonfronteer.  Sommige mense "click" jy maklik mee, terwyl jy dalk sukkel om met ander tipe persoonlikhede oor die weg te kom.  Die mense met wie ons "sukkel" dink ek is baie keer gevalle waarin ons nie besef die "battles" wat daardie mense daagliks face nie.  Sommige mense baklei as 'n beskermingsmeganisme om hulle hartseer en seer weg te steek... Ek dink dat die nood in ons land ons ook op 'n daaglikse grondslag konfronteer.  As ek net kyk hoe die aantal mense wat by die straatligte staan toegeneem het in die tyd wat ek weg was... As ek daagliks werk toe ry, is daar omtrent GEEN robot waar daar NiE iemand staan nie...  As ek kyk na die gebedsversoeke wat ek ontvang - besef mens dat jy elke dag jou blessings moet tel...  As jy kan opstaan in die oggend, is jy baie bevoorreg...  Tog sien ons dit nie altyd so nie - ons kyk baie dikwels na die ou langs ons, en raak dan ongeduldig oor alles wat ons nie het nie...
 
 
Miskien is jou omstandighede vir jou op die oomblik net een te veel... Jou werk kry jou onder, jou verhoudings wil maar net nie uitwerk nie, en geleenthede wil nie vir jou uitwerk nie...  Miskien is jy tans gekonfronteer met siekte...  Met die van 'n geliefde, of dalk jou eie...  Miskien is jou finansies tans in 'n benarde toestand en met die tyd van die jaar waar Kersfees en Desember vakansie vinnig nader kom, weet jy nie hoe jy "ends" gaan laat meet nie...  Miskien voel dit vir jou of jy al genoeg karakter gebou het vir 'n jaar en dat jy net wens dat die probleme wil wyk dat jy net kan asemskep...  Kom vind vanoggend jou rus by God se voete... Hy is by jou... In die langste dag en die donkerste nag - daar is God by jou... Hy sal dinge laat uitwerk - vertrou jy net!! En wanneer iemand vandag dalk oor jou pad kom wat moeilik is met jou of wat jou behandel soos jy nie graag behandel wil word nie - onthou dat hulle dalk met iets worstel, soortgelyk aan waarmee jy worstel... Moenie vinnig judge nie - gee aan hulle liefde, of net 'n oor om te luister...  Wanneer mens daar vir ander is, vergeet mens vir 'n wyle van als wat verkeerd is in jou eie lewe, en sien mens weer dinge wat jy het, wat daardie persoon dalk nie het nie, waarvoor ons kan dankie se en ons blessings kan tel...
 
 
Geniet jou dag!!
 
 
Blessings!
 
 
Anel
 
 

No comments: