Monday 30 June 2014

“Enjoy life NOW… This is not a rehearsal…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Enjoy life NOW…  This is not a rehearsal…” ~ Unknown
 
1 Samuel 30:6 
 
“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…”
 
2 Corinthians 5:6-7
 
“So we are always of good courage. We know that while we are at home in the body we are away from the Lord, for we walk by faith, not by sight…”
 
“I’m on a journey I’ve not taken before…  I a figuring it out as I go…” ~ Sue Fitzmaurice
 
“Life is an adventure… Take risks…” ~ Unknown
 
Ek onthou altyd op skool toe ons moes oefen vir konserte J  Daar was groot opwinding, want jy’t geweet dat die eindproduk vir jou familie, vriende en geliefdes opgevoer sou word…  Dit was vir my van die lekkerste tye, want jy’t lekker “gebond” met jou klasmaats, en mekaar op ‘n totale ander vlak leerken…  Die aande wat die konsert dan “op die planke” gegaan het, was die opwinding NOG groter, omdat jy ‘n mooi kostuum kon aantrek, mooi grimeer sou word, en totaal en al buite jou “comfortzone” sou beweeg wanneer jy op daardie verhoog, met ‘n vol ouditorium sou optree…  En ekt al hoeveel keer gesien, al oefen jy iets 100 keer, is daar steeds ‘n kans dat dit op die 101e keer iets verkeerd kan gaan…  Maar ook die teenoorgestelde is waar – iets wat 100 keer verkeerd kon gaan, kan op die 101e keer, WERK J
 
Ek dink baie keer sien ons “die lewe” as ‘n “rehearsal”…  Ons oefen daagliks vir die “grand finale” soos wat ons, ons lewens leef…  Ons het ons bucketlists vir eendag, maar ons werk nie daaraan om dit te begin bewaarheid nie…  Ons hou ons beste, vir laaste… Vir EENDAG, wanneer ons, ons drome sal begin waar maak…  Vir nou moet ons werk, werk aan ons “career”, werk aan ons verhoudings, werk aan ons vriendskappe, ons geloof ens…  Wanneer ons skippie inkom, en wanneer ons voldoende geld het – DAN sal ons, ons drome begin waarmaak…  Sal ons, ons passie begin leef…  Eendag is NOU…  Ons weet nie met hoeveel tyd ons gespaar sal word nie – so dis NOU die tyd om jou drome te begin leef…  Te begin spaar vir daardie DROOM plek wat jy nog altyd wou sien…  Memories te maak saam met die mense wat vir jou saakmaak…  Moenie spyt wees oor dit wat jy NIE gedoen het nie…  Met alles in die lewe, vra ek myself “What is the worst that could happen?”  Hierdie volgende aanhaling van Mark Twain is vir my bitter cool – print dit uit en plak dit vir jouself iewers op waar jy jouself kan herinner hieraan op ‘n daaglikse basis…
 
Blessings!
 
anellixx
 

No comments: