Wednesday 4 June 2014

“’n Windpomp gaan soek nie wind nie… Hy staan en wag en weet die wind sal hom kry… Net so is dit met die mens… Hy wag op die Here, want hy weet, op die regte tyd sal die Here doen wat Hy belowe het…” ~ Jesaja 60:22


Haloes! J
 
“’n Windpomp gaan soek nie wind nie…  Hy staan en wag en weet die wind sal hom kry…  Net so is dit met die mens…  Hy wag op die Here, want hy weet, op die regte tyd sal die Here doen wat Hy belowe het…” ~ Jesaja 60:22
 
1 Corinthians 1:30
 
 “It is because of him that you are in Christ Jesus, who has become for us wisdom from God—that is, our righteousness, holiness and redemption…”
 
Philippians 4:19
 
“And my God will meet all your needs according to the riches of his glory in Christ Jesus…”
 
“The real quality of our life is not determined by what we have won from it, but by what we have discovered within it…” ~ Guy Finley
 
“It always seems impossible, until it is done…” ~ Nelson Mandela
 
Ernst van Dyk het ‘n beeld gebruik waarmee elkeen van ons kan assosieer…  Setbacks are like "life gym": Just as one would train a muscle hard, suffer pain afterwards, but then end up with the benefit of a stronger muscle, life needs to knock you down with setbacks in order for you to become stronger..." 
Wanneer jy vir die eerste keer in BAIE lank weer oefen, is jy 99% verseker van stywe spiere J  Twee dae na die tyd is dit gewoonlik die seerste…  Maar wanneer jy aanhou en deurdruk, raak die spiere gewoond en sterker… 
 
Met teleurstellings, of terugslae is dit dieselfde…  Die dag wanneer dit gebeur is dit gewoonlik die ergste…  Ons mag platgeslaan, teen die grond, hartseer, ons ervaar pyn en seer…  Maar soos die tyd verloop, nadat ons tyd gehad het om gewoond te raak aan die idee, te bid daaroor en sommer net te “rou” raak die gevoel van seer gewoonlik beter…  TYD, genade van God en nog TYD is gewoonlik wat maak dat die dinge beter word…  Die beeld van die windpomp is vir my net so awesome!  Want ‘n windpomp staan waar hy geplant is, en wag vir die wind om te kom…  Hy probeer nie wind “maak” en hy maak homself nie moeg om wind te soek nie…  Ons kan leer deur hierdie beeld…  Want baie keer, raak ons so ongeduldig wanneer dit voel asof ons “op een plek vasgevang is”…  Ons wil nie staan en wag totdat die “wind” (ons deurbrake, drome, hoop, geleenthede, liefde, geluk, finansiële deurbrake, genesing ens) eendag opdaag nie…  Ons probeer baie keer om self die deurbrake te gaan soek…  Al wat ons hoef te doen, is om rustig te raak, te bid, en dit in God se hande te sit…  Hy sal sorg dat ons deurbrake – WATOOKAL jy op die oomblik voor bid, SAL kom!  Hy sal wysheid aan jou gee, om te weet wanneer om te “operate” en wanneer om net te wag op Hom!  God sal jou nie teleurstel nie…  Hy sal sorg dat die “wind” op die regte tye, in jou lewe sal waai…
 
Blessings!
 
Anellie xx

No comments: