Thursday, 5 June 2014

“Life is too short to worry about what others say or think about you… So HAVE FUN and give them something to talk about…” ~ Unknown


Haloes! J

“Life is too short to worry about what others say or think about you…  So HAVE FUN and give them something to talk about…” ~ Unknown

2 Timothy 1:7

“For the Spirit God gave us does not make us timid, but gives us power, love and self-discipline…”

Hebrews 13:5

“Never will I leave you; never will I forsake you.”

“I am thankful to all those who said NO to me…  It’s because of them I did it myself…” ~ Albert Einstein

“Our ultimate freedom is the right and power to decide how anybody or anything outside ourselves will affect us…” ~ Stephen R Covey

Miskien was jy onlangs die slagoffer van harde woorde oor jou lewe?  Daar is min dinge wat seerder maak as ondeurdagte woorde...  In woedebuie is dit baie keer 'n gegewe dat mens goed kwytraak wat kon gebly het...  Sommige mense moet ander verkleineer ten einde beter oor hul eie lewe te voel...  Ek weet dit is nie altyd maklik nie, maar probeer om dit af te skud - soos water van 'n eend se rug afloop...  Mense wat jou verkleineer, is JOU nie werd nie...  God wil verseker nie hê dat jy, omdat jy 'n Christen is, jy 'n slagoffer moet wees nie...  Staan op vir dit waarin jy glo - God sal die woorde voorsien...  Jy moet net gewillig wees om dit oor te dra...

As mens na die wêreld rondom ons kyk, is daar net een iets waarvan elkeen van ons kan seker wees...  en dit is dat ons almal eendag sal sterf...  Doen wat jy moet doen, en sê wat jy wil sê aan ander terwyl jy nog die tyd het...  Moenie tyd vermors deur hartseer te saai met jou woorde nie, maar laat jou woorde opbouend wees...  Laat dit van jou waar wees, dat wanneer mense tyd in jou geselskap spandeer het, dat hulle as 'n ligter mens daar weg stap...  Dat jy iemand sal wees wat kan bemoedig en moed inpraat...  Mens se eie hartseer raak soveel meer draaglik, as jy daar kan wees vir ander mense...  Dis wanneer jy na buite fokus, op mense wie se hartseer soveel groter as jou eie is, wat God jou hart of jou omstandighede sal heelmaak...  Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle liefhet, en wys dit deur jou dade...  Gebruik elke geleentheid wat aan jou geskenk word! Moenie toelaat dat mense negatiewe dinge oor jou lewe spreek nie!  LEEF, elke oomblik, gryp elke geleentheid – and GIVE THEM SOMETHING TO TALK ABOUT!!

Blessings!

anelxx

No comments: