Sunday 8 June 2014

"Life has no remote... Get up and change it yourself..." - Unknown

Haloes! J

"Life has no remote... Get up and change it yourself..." - Unknown

Isaiah 49:15-16

“Can a mother forget the baby at her breast and have no compassion on the child she has borne? Though she may forget,  I will not forget you! See, I have engraved you on the palms of my hands; your walls are ever before me…"

2 Corinthians 12:9

“But he said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me…”

"Wake up every single day and be thankful... You are blessed to have the gift of life..." - Unknown

"Do something today that your future self will thank you for..." - @LornaJaneActive

Almal van ons weet hoe frustrerend dit kan wees wanneer mens wil televisie kyk, en iemand anders 'in beheer' van die televisie remote is...  Jy is as't ware onderhewig aan die keuses wat die persoon gewapen met die remote maak... Of die teenoorgestelde kam ook waar wees – jou televisie remote se batterye kan pap wees, en sal dan gevolglik geen doel kan dien nie...  Jy sal moet opstaan en self die kanaal op die televisie moet verander...

Ons kan hierdie prentjie deurtrek na ons lewens... Baie keer gebeur daar dinge waar jy in 'n groep ingetrek word, en mense jou SO probeer beinvloed met hulle idees, gedagtes en "wil" dat hulle jou besluite probeer beinvloed deur groepsdruk toe te pas…  God het aan ons elkeen verstand gegee asook onderskeidingsvermoe tussen reg en verkeerd. Hy equip ons, daagliks, om die lewe te face met nuwe lewenskrag, en om te kan KIES tussen reg en verkeerd...  Miskien is jou lewe se "remote" tans nie in jou eie hande nie...  Miskien dikteer iemand anders hoe jy veronderstel is om te lewe...  Of miskien sit jy met 'n remote waarvan die batterye pap is - en het jy self nie krag om die lewe en sy uitdagings te face nie...  Bid, en sit sommer nou jou remote in God se hande...  Hy sal aan jou wysheid gee waar jy dit nodig het, Hy sal jou batterye herlaai daar waar jy moeg is, en daar waar jy krag nodig het om aan te gaan... Hy sal deurbrake gee daar waar jy net mure sien...  Staan op vir jouself! God se geskenk aan jou is JOU lewe...  Hy't nie aan jou 'n lewe gegee sodat 'n ander mens die shots namens jou kan call nie...  Staan op, vat jou “remote” terug van wie of wat (siekte, finansiele moeilikheid, verslawing, hartseer, huweliks - / verhoudingsmaats of dalk jou werk) dit ookal dit in hul hande het, en sit dit in God se hande... Hy sal sorg dat jy die seën ontvang in jou lewe, wat Hy vir jou bestem het om te he!  Slegs JY kan kies oor watter paadjie jou lewe inslaan…  “You were born an original – don’t die a copy…” ~ John Mayson

Blessings!

Anelxx

No comments: