Wednesday 25 June 2014

“Three choices in life: Give up. Give in. Or give it all you got…” ~ Unknown

Haloes J

“Three choices in life: Give up. Give in. Or give it all you got…” ~ Unknown

Romans 8:37-39

“No, in all these things we are more than conquerors through him who loved us. For I am sure that neither death nor life, nor angels nor rulers, nor things present nor things to come, nor powers, nor height nor depth, nor anything else in all creation, will be able to separate us from the love of God in Christ Jesus our Lord.”

Psalm 91:14-16

“Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name. He will call on me, and I will answer him; I will be with him in trouble, I will deliver him and honour him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

“Ask yourself the question: Will this matter a year from now?” ~ Richard Carlson

“The struggle you are in today is developing the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle al Leeukop in die maanlig gestap het nie??  Dis verseker iets om op jou bucketlist te sit J  Jy begin gewoonlik stap teen laatmiddag, sodat jy teen die tyd wat die son ondergaan, bo op die berg kan wees om dit te aanskou…  Dis absoluut ‘n belewenis!  Ek onthou hoe ons teen daardie berg uit is – op die een deel kan jy kies om met ‘n ketting teen die rots uit te klim, of langpad te neem en nog ‘n ekstra deel te stap…  Ek’t bietjie buite my comfortzone beweeg en die ketting gevat…  Maar toe ek so halfpad teen die ketting uit is, het ek besef dat dit totaal en afgrond langs my was…  Daar was geen manier om op te gee nie, want dan sou ek nou moes afgly teen die afgrond, en dalk in die proses val…  Ek kon ook nie opgee nie, want dit is net nie in my aard nie – wanneer ek in dit is, is ek IN DIT en sal ek commit tot die einde J  Ek’t dus met opsie 3 gegaan, en “I gave it all I got”…  Die beloning was GROOT!  Om die sonsondergang te kon kyk op Leeukop, en daarna begroet te word met al die liggies – aan die een kant Kampsbaai, en aan die ander kant Kaapstad…  What a sight and such a blessing!!!

In ons lewens het ons ook 3 keuses…  Ons kan opgee, ingee en op ‘n hopie gaan sit wanneer die lewe met sy Curveballs na ons kant toe kom, OF ons kan kies om dit alles ‘n toffie te wys en te besluit – ek gaan jou wys waarvan ek gemaak is, and I am gonna give it all I have got!  God sal die petrol wees in jou “engine” en Hy sal sekermaak dat jy nie uit stoom uithardloop nie…  Hy sal sorg dat jy oorwinning behaal – al vat dit dalk langer as wat jy gehoop of gedink het…  Dink gou aan al die dinge wat jou onderkry op hierdie stadium van jou lewe – alles wat jou laat worry, of sommer net alles wat jou SO moeg maak en tap van jou energie – gaan hierdie dinge oor ‘n jaar van nou af saak maak??  Kan jy onthou waaroor jy ‘n jaar terug hierdie tyd geworry het?  As jy nie kan onthou nie, was dit heel waarskynlik van daardie klein jakkalsies, waar mens vasgevang word in die detail, wat ons eintlik net tap van energie…  As daar niks is wat jy kan doen ten opsigte van die goed waaroor jy worry nie – moet dan nie tyd en energie daarop mors nie – sit dit in God se hande – Hy is die EEN wat dinge kan laat uitwerk soos en wanneer dit moet…  Dinge sal vir jou uitwerk!  God SAL vir jou sorg!!!  Byt net vas, en volhard in jou geloof…  God sal jou nie teleurstel nie!

Blessings!

anelxx

No comments: