Thursday 26 June 2014

“There is no testimony without the test…” ~ Unknown

Haloes! J

“There is no testimony without the test…” ~ Unknown

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“The Bible is meant to be bread for daily use, not cake for special occasions…” ~ Unknown

“Don’t start your day with the broken pieces of yesterday…” ~ Unknown

Gideon is een van vele van die manne in die Bybel wat gedink het dat hy nie goed genoeg is vir wat God hom geroep het om te doen nie…  Hoekom is dit altyd die eerste gedagte wat by mens opkom – dat daar iemand beter is as ons om die taak te kan verrig as onsself?  In Judges 6:14 het God vir Gideon die volgende gesê:  “Have I not sent you?  In other words, would I ask you to do something which I have not equipped you to do?”  Ek wil vandag vir jou dieselfde vraag vra – as God ‘n droom in jou hart sit, en dit vir jou bevestig deur Sy woord – hoekom twyfel ons dan so in ons vermoëns?  Hoekom laat ons toe dat klippies in ons pad ons onderkry, en weerhou daarvan om te bereik wat ons deur God se krag sal kan bereik??

If God brings you to it, He will get you through it…  In die Bybel het God nooit die grootste, sterkste, slimste, mooiste of bekendste persone gebruik om wonderwerke deur te doen nie – Hy het die gewone ou, soos ek en jy gebruik om groot werke deur te verrig!  Dink jou gou die volgende situasie in – as jy iemand liefhet, wil jy tog sien hoe hy of sy groot hoogtes bereik, en hoe hulle “prosper” in dit wat hulle aanpak…  Dis PRESIES wat God vir jou en my wil hê!  Hy het jou oneindig baie lief, en wil sien hoe jy die persoon word wat Hy jou bestem het om te wees…  Sodat jy soos Dawid, groot TESTIMONY sal hê om te vertel wanneer jy vir Goliat verslaan, of soos Sara en Abraham kan vertel hoe getrou was, dat al was dit in mense-oë onmoontlik om ‘n babatjie in die wêreld in te bring, dat God met Sy wonderbaarlike werking gesorg het dat dit ‘n moontlikheid geword het…  Of soos met Noag en die ark – dat God hom en sy familie so behoed en bewaar het, dat hulle 40 dae en nagte se reën oorleef het, sodat hulle ‘n nuwe begin kon maak…  Of soos God vir Moses, wat nie voor mense kon praat nie, die moed, krag en vermoë gegee het om die Faro aan te vat en die Israeliete uit Egipte te kon lei…  Saam met God kan ons enige iets doen…  En met Hom aan ons kant, het ons gewoonlik ‘n ongelooflike testimony wanneer die deurbrake kom…  Hou vas aan God en Sy beloftes – Hy sal vir jou deurkom wanneer jy dit die minste verwag!

Blessings!

Anel xx

No comments: