Wednesday 18 June 2014

“Strength does not come from what you can do… It comes from overcoming the things you once thought you couldn't…” ~ Rikki Rogers

Haloes! J

“Strength does not come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn't…” ~ Rikki Rogers

Ephesians 6:10

"Finally, be strong in the Lord and in the strength of his might."

2 Samuel 22:40

"For you equipped me with strength for the battle; you made those who rise against me sink under me."

“The pain you feel today, is the strength you will feel tomorrow…  For every challenge encountered, is an opportunity for growth…” ~ Unknown

“Strength of character isn’t about how much you can handle before you break…  It’s about how much you can handle, after you’ve broken…” ~ Unknown

Ek’t vandag ‘n vraag vir jou…  “When was the last time you did something for the first time?”  Ek en ‘n vriendin het nou die dag gepraat oor hoe vreemd dit is hoe “vreesloos” mens op skool of Universiteit was, en hoe maklik mens sou “game” wees om nuwe uitdagings – hoe vreesaanjaend ookal, aan te pak…  As ek na klein kindertjies ook kyk – hulle is “ondersoekend” en sal enige iets aanpak (soos bv ‘n vreemde legkaart, of nuwe speletjies) sonder om daaroor te moet dink…  Hulle sal ander / nuwe “maatjies” ook onmiddellik onvoorwaardelik aanvaar… Hoe ouer mens word, hoe meer voel dit raak ons “overthinkers”…  Ons moet omtrent die uitdaging of LEWE uitgepluis hê, met al die moontlike antwoorde in plek, voordat ons die uitdaging sal oorweeg…

‘n Uitdaging vir elkeen van ons is om op te hou om alles te “overthink” en vir ‘n slag net te LEEF…  Vat die lewe DAG vir DAG, in plaas van om “maande vooruit” alles in plek te probeer hê…  Meeste goed waaroor mens bekommerd is, gebeur 90% van die tyd nie – en die tyd wat jy dan spandeer om daaroor te “worry” word dan in elkgeval vermors…  Ek dink as elkeen van ons te bang sou wees om sekere dinge te “attempt” omdat ons bang was dat ons dit nie sou kon doen nie – sal daar baie min “gebeur”…  Mens sal nie weet tot wat jy in staat is, totdat jy probeer nie…  En ek glo, uit die diepte van my hart, dat God sekere idees of drome in jou hart sit…  Wanneer jy daaroor gebid het, en Hy dit op ‘n wonderbaarlike manier bevestig, soos net God kan doen – moet ons nie bang wees om ons hande “vuil te maak” en voluit te gaan vir dit was ons wil hê of wil doen nie…  As jy nie probeer nie, sal jy nooit weet nie…  Of dit nou met geleenthede is, vriendskappe, nuwe avonture, nuwe liefdes, nuwe beginne, of sommer net om jou “limits” te push en in die hande van ‘n “Unlimited” God te sit, wil ek jou UITDAAG…  Doen weer IETS vir die EERSTE keer…  Verbreed jou horisonne, en stap saam met God…  HY sal jou nie teleurstel nie…  “If God brings you to it, He WILL get you through it…”

Blessings!


Anel xx 

No comments: