Wednesday 18 June 2014

winterwarmte update...


Haloe julle!
 
Baie mense het gevra vir 'n update oor die projek...
 
Soos julle weet, is ons hard aan die woeker om truie, windbreakers en skoene in te samel vir Range Primer in Matroosfontein.  Op hierdie stadium kan ons vir elke kind 'n trui, sokkies en windbreaker aanskaf, en op die stadium kan ons vir 20 van die 263 skoene ook koop.  Ons gaan ons bes doen om aan te hou woeker, sodat ons vir elke kind 'n paar skoene ook kan aanskaf.
 
Ek wil vir elkeen van julle wat sover bygedra het, ONGELOOFLIK baie dankie se!  Sonder julle sou ons nie so 'n groot wonderwerk kan waar maak nie.  Ek wil ook vra, dat indien julle weet van mense wat nog sou wou bydrae, dat julle groot asb die epos sal aanstuur.
 
Vir die wat die bankdetails gevra het:
 
Bank details:
 
A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Winterwarmte
 
BELANGRIK:  As jy my al voorheen laat weet het jy samel geld in, en sal dit op 'n later stadium vir my oorbetaal, wil ek vra dat jy my net min of meer 'n aanduiding gee waar ons staan.  Sodat ek weet HOE ver ons van ons target af is.
 
DAN:  Die naweek sal ek by Tygervallei wees om 11:30 om truie op te tel (voor WOOLIES), en daar sal nog 'n geleentheid wees, 14:30 by Canal Walk (BO voor WOOLIES).
 
Laat weet my asb as jy daar gaan wees, sodat ek weet vir wie ek wag.
 
Mag julle 'n SUPER geseende daggie he!
 
blessings!
 
anel

No comments: